Wednesday, April 7, 2010

Lamprecht terug in sy ou aanklaerspos




Lamprecht terug in sy ou aanklaerspos


2010-04-07 00:54
Sonja Carstens
JohannesburgMnr. André (Lampies) Lamprecht is weer stewig terug in sy pos as hoofaanklaer van die Wes-Rand.Lamprecht het gister ’n brief aan die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) oorhandig wat wys dat hy in al sy bestuurspligte, waarvan hy twee weke gelede summier onthef is, herstel is.Dit beteken dat Lamprecht moet terugtrek na sy kantoor wat hy verlede week gedeeltelik ontruim het nadat die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), adv. Menzi Simelane, besluit het hy moet as aanklaer in die hof gaan werk.’n Facebook-groep met byna 300 aanhangers is intussen gestig om hom te ondersteun.Die besluit om Lamprecht van sy amp te onthef, het gekom dae nadat hy geweier het om Simelane se opdrag om nie borgtog aan die musikant Jub Jub (Molemo Maarohanye) teen te staan nie, uit te voer tensy hy dit op skrif ontvang.Jub Jub staan tereg op aanklagte van moord op vier skoolseuns. Nadat Lamprecht se demovering aan die lig gekom het, is nog 13 adjunkdirekteurs van openbare vervolging en hoofaanklaers in onder meer Pretoria, Johannesburg en in KwaZulu-Natal in opdrag van Simelane na laer howe teruggestuur om aan te kla.Die VSA het vroeër ’n dispuut teen die NVG namens Lamprecht en advv. Retha Meintjes SC en ­George Baloyi, albei adjunkdirekteurs van openbare vervolging in Pretoria, verklaar. Dit sou op 22 April by die staatsdiens se algemene sektorale bedingingsraad aangehoor word.Mnr. Manie de Clercq, adjunkhoofbestuurder van die VSA, het gister gesê die dispuut sal eers teruggetrek word sodra die vakbond ’n skriftelike onderneming van die NVG ontvang het om nie die aanklaers te herontplooi sonder om die VSA daaroor te raadpleeg nie.“Ek is versigtig om te veel waarde te heg aan ’n mondelinge onderneming van die NVG. Ek kan egter bevestig dat nie een van die 13 aanklaers wat aanvanklik herontplooi is, vandag (gister) aangemeld het by die kantore waarheen hulle gestuur is nie,” het hy gesê.Hy beskou die feit dat Simelane herbesin het oor sy besluit as ’n “oorwinning” vir die VSA. “Die vakbond het daarin geslaag om ’n onbillike arbeidspraktyk stop te sit,” het De Clercq gesê.

No comments:

Post a Comment