Thursday, April 15, 2010

Buchan reg vir halfmiljoen manne







Buchan reg vir halfmiljoen manne



2010-04-14 23:12
Neels Jackson
Greytown.
Hulle stap en hulle trap, hulle ry en hulle vlieg. Hoe ook al, mans het van heinde en ver af begin instroom na die plaas Shalom waar Angus Buchan sy laaste Mighty Men-konferensie dié naweek aanbied.
Ds. Dawie Liebenberg van die NG gemeente Danie The­ron in die suide van Johannesburg het Shalom gisteroggend seervoet bereik nadat hy die hele pad van Johannesburg af met ’n groot kruis oor sy skouer daarheen ge­stap het.
Mnr. Anton Fouché, wat vir die projek 2 Million Steps van Johannesburg af stap, het gister tot in Mooirivier gevorder. Intussen het sowat 30 fietsryers ook gister moeg op Shalom aangekom nadat hulle vyf dae tevore uit Pretoria vertrek het. Hulle het hul toer Cycle for Christ genoem.
Uit Somerset-Wes het ds. Paul Barnard van die gemeente Helderberg gister as deel van ’n groep van tien motorfietsryers weggespring.
Liebenberg het gesê hy hoor daar is Vrystaters wat die tog Shalom toe te perd aanpak.
Intussen het die aankomelinge gister ’n al sterker stroom gevorm. Daar is mense met woonwaens,bakkies en sleepwaens. Party kom met vragmotors en ander met busse.
Buchan het aanvanklik die mikpunt gestel dat daar 400000 mans by vanjaar se konferensie sal wees. Shalom het gesê besprekings verloop beter as vorige jare en dat hulle gereed is vir tot 500000 besoekers.
- Die Burger

No comments:

Post a Comment