Tuesday, April 13, 2010

‘Ek het seer, té seer’... Misdaad en Moord in Clubview Centurion




‘Ek het seer, té seer’2010-04-12 21:43

Mnr. Everard Buy (27) gister by sy ouerhuis in Centurion waar sy pa, mnr. Dave Buy, vermoor is. Foto: Theana Calitz
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Mia Willemse



‘Ek het seer, ek het té seer. Ek kan nie meer aangaan nie,” het ’n misdaadslagoffer gister in Clubview, Centurion, aan sy vrou geprewel. Toe is hy dood.Mnr. Dave Buy (59), ’n pensioentrekker-sakeman is gister omstreeks 08:30 in die agterplaas van sy huis in die Cormorandt-veiligheidskompleks dood terwyl sy seun en ’n paramedikus sy lewe probeer red het. Sy vrou, Adreen, was ook by. Die egpaar en mev. Buy se ma, mev. Kysie Bruyns (80), woon skaars twee maande lank in dié huis.Buy is vermoedelik net ná 08:00 deur twee jong mans oorval terwyl hy op pad was na sy motorhuis. Hy het oudergewoonte sy vrou in die huis gegroet en die voordeur en -hek agter hom gesluit. Hy was op pad na twee van sy slag-huise. Dié slaghuise is in GaRankuwa, noord van Pretoria, en Hebron, wes van Soshanguve. Buy het dit ná sy aftrede as tegnikus by Denel begin bedryf. Hy is deur die twee mans oorval en twee keer in die skouer en een keer in die bors geskiet. Volgens mnr. Quinten Buy (26), Buy se jongste seun wat kort voor 08:30 ná ’n noodoproep van sy ma by sy ouerhuis aangekom het, het een van die twee aanvallers ’n vuurwapen gehad en sy pa tydens ’n struweling voor die motorhuis geskiet. ’n Buurvrou het dié drie skote gehoor en onmiddellik haar huisalarm geaktiveer wat die aanvallers met leë hande op die vlug laat slaan het.’n Gewonde Buy het toe om die huis gehardloop en in sy agterplaas op ’n klein grasperkie inmekaargesak.“Ek was by die werk toe my ma my bel en sê ek moet dadelik huis toe kom. “Ek het nie geweet waarom nie, maar halfpad het ek my ouma gebel en toe sê sy net my pa is geskiet en dit is baie ernstig,” het Buy jr. gesê. Bruyns het in die kombuis gestaan en deur die venster die aanval op haar skoonseun gesien. Volgens Buy jr. was sy pa se buurvrou, ’n paramedikus, eerste op die toneel en toe hy daar aankom het sy hom dadelik geroep om haar met hartmassering te help.“Hou net aan, hou net aan, hou net aan,” het sy aan hom gesê terwyl hulle albei noodbehandeling op Buy uitgevoer het.“Maar dit het niks gehelp nie, hy is net daar op die gras dood. Hy het aan my ma gesê hy het te seer, hy kan nie aangaan nie,” het Buy jr. gesê. Kapt. Agnus Huma, woordvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor, het die voorval bevestig.Sy het gesê danksy Bruyns se goeie beskrywing van die mans is die twee verdagtes kort ná die voorval sowat 1km van die toneel af met ’n ongelisensieerde vuurwapen betrap en gearresteer. Na verneem word soek die polisie na nog twee aanvallers. Meer as 20 ongebruikte patrone is voor die motorhuis gevind.Die twee verdagtes sal môre in die Pretoriase landdroshof verskyn.

No comments:

Post a Comment