Wednesday, April 7, 2010

Wêreldbank sny die ANC uit lening uit


Wêreldbank sny die ANC uit lening uit

2010/04/07 07:53:00 AM James-Brent Styan

Verwante artikels
Gordhan vra VSA om Eskom-lening te steun
Omgewingsgroepe verwerp planne vir krag
SA sal self regkom as bank nie help

Hoofberigte
Johannesburg moet krag verder verhoogApr 07 2010 14:00
Mnr. Amos Masondo, die burgemeester van Johannesburg, het Woensdag aangekondig die stad is gedwing om sy reuse kragverhoging verder te verhoog.
Vertroue van uitvoerende hoofde styg steedsApr 07 2010 11:19
Die vertroue-indeks vir uitvoerende hoofde van maatskappye, saamgestel deur Merchantec, styg steeds, het die groep Woensdag gesê.
Apple se iPad ewenaar nie iPhone-manieApr 07 2010 11:13
Apple se iPad-tabletrekenaar het sedert sy bekendstelling in Januarie nie die massas kopers gelok wat die iPhone drie jaar gelede vermag het nie.


Johannesburg. - Die Wêreldbank-lening waarvoor Eskom aansoek doen, sal nie gebruik word vir enige projek waarby Hitachi SA betrokke is nie.
Die ANC se beleggingsvleuel, Chancelor House, is ’n aandeelhouer in Hitachi SA, een van die grootste kontrakteurs van die nuwe Medupi-kragsentrale wat Eskom tans bou.
Die Wêreldbank het skerp kritiek gekry vir sy plan om geld aan Eskom te leen omdat dit die ANC ook indirek sal bevoordeel.
Die Wêreldbank besluit môre oor ?Eskom se aansoek om ’n lening van $3,75 miljard (sowat R28 miljard).
Mnr. Sarwat Hussain, senior woordvoerder van die Wêreldbank in Afrika, het gister aan Sake24 gesê “niks van die beplande lening se geld sal toegeken word aan enige kontrak waarby Hitachi betrokke is nie”.
“Daar is honderde projekte en kontrakte wat aan die gang is by die konstruksie van ’n kragsentrale so groot soos Medupi. Die voorgenome lening sal gebruik word vir die finansiering van dié projekte waarby Hitachi nié betrokke is nie.”
Sowat R22,5 miljard is geteiken vir die bouwerk aan die Medupi-kragsentrale wat in Limpopo geleë is.
Die lening is ook onder skoot van omgewingsaktiviste wat veral druk op die Britse en die Amerikaanse regering plaas om nie die lening goed te keur nie omdat van die geld gebruik sal word vir ’n steenkoolkragsentrale wat die omgewing kan beskadig.
Hussain sê die Wêreldbank se antwoord op dié kritiek is eenvoudig: “Tot R5,5 miljard van die lening is geteiken vir die bevordering van hernieu?bare-krag-projekte in Suid-Afrika. Hierby ingesluit is ’n sonkragprojek van 100 MW.
“Die bank glo die lening sal die katalisator wees vir hernieubare-krag-projekte in Suid-Afrika en Afrika.
“Die Medupi-kragsentrale sal ook van die jongste tegnologie gebruik maak om die omgewingsimpak van die steenkoolverbranding so ver moontlik te beperk.
“Dit is een van die redes waarom die projek so duur is.”
Dit is die praktyk van die bank om nie geld direk aan maatskappye te gee nie, maar liewer direk aan projekte toe te ken.
Me. Helen Zille, leier van die De?mokratiese Alliansie, sê egter die DA sal nie gerus wees oor die bank se stellings nie totdat die ANC verwyder word as aandeelhouer in Hitachi Africa.
“Hierdie soort transaksies het baie komplekse lae met primêre kontrakte en sub-kontrakte, met die gevolg dat dit baie maklik is om korrupsie en be?trokkenheid van sekere partye te verbloem.
“Die Wêreldbank kan nie toelaat dat hy deel is van ’n transaksie waarby ’n politieke party enigsins kan baat vind nie.”
Zille sou gisteraand laat met ver?teenwoordigers van die bank verga-der om die DA se standpunt te verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse sakesektor het intussen ook gister sterk na vore getree om sy steun aan die lening te gee.
Die uitvoerende adjunkhoof van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa), dr. Raymond Parsons, het ge-sê die goedkeuring van die lening is noodsaaklik vir kragsekerheid in Suid-Afrika.
“Indien Eskom misluk in sy aansoek om die lening, sal dit ’n geweldige terugslag vir Suid-Afrika wees.”

No comments:

Post a Comment