Wednesday, April 7, 2010

Johannesburg moet krag verder verhoog


Johannesburg moet krag verder verhoog

2010/04/07

02:00:00 PM

Verwante artikels
Eskom tjoepstil
MBK-snoeiskêr dalk weggepak
'Kragverhoging het talle nagevolge'

Hoofberigte
Johannesburg moet krag verder verhoogApr 07 2010 14:00
Mnr. Amos Masondo, die burgemeester van Johannesburg, het Woensdag aangekondig die stad is gedwing om sy reuse kragverhoging verder te verhoog.
Vertroue van uitvoerende hoofde styg steedsApr 07 2010 11:19
Die vertroue-indeks vir uitvoerende hoofde van maatskappye, saamgestel deur Merchantec, styg steeds, het die groep Woensdag gesê.
Apple se iPad ewenaar nie iPhone-manieApr 07 2010 11:13
Apple se iPad-tabletrekenaar het sedert sy bekendstelling in Januarie nie die massas kopers gelok wat die iPhone drie jaar gelede vermag het nie.

Johannesburg. - Mnr. Amos Masondo, die burgemeester van Johannesburg, het Woensdag aangekondig die stad is gedwing om sy reuse kragverhoging verder te verhoog nadat Eskom sý prys vir krag aan die stad hoër gemaak het as wat die reguleerder aanvanklik aangekondig het.
Masondo het Eskom terselfdertyd skerp gekritiseer oor die kragopwekker se ondoeltreffendheid.
Johannesburg het sy kragverhoging aanvanklik op 24,8% vasgepen, maar het volgens Masondo toe “met skok verneem” munisipale tariewe word na 28,9% verhoog hoewel die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), Eskom se tariewe vir 24,8% goedgekeur het.
Masondo het gesê die stad se verhoging gaan nou aangepas word in lyn met 28,9%.
Hy het gesê as die verhoging nie aangepas word nie, sal die stad meer as R200 miljoen verloor.
“Die stad is baie teleurgesteld dat Nersa die kragpryse vir drie jaar met so baie verhoog het,” het Masondo gesê.
“Dit sal die land goed doen as Eskom gedwing kan word om sy onaanvaarbare hoë ondoeltreffendheid te verminder.
“As Eskom sy verliese onder beheer kan bring, sal die tariefverhogings nie hoog hoef te wees nie. Dit lyk nie of hul tariewe die sosio-ekonomiese werklikhede van die land in ag neem nie,” sê Masondo in ’n verklaring.
Hy het die tarief-verhoging as ’n slag vir sowel die sake-gemeenskap as gewone verbruikers bestempel.

No comments:

Post a Comment