Tuesday, April 20, 2010

Polisie kry berading ná aanval op egpaar, kind
















Polisie kry berading ná aanval op egpaar, kind










Polisielede wat die naweek op ’n toneel buite Polokwane (Pietersburg) was waar ’n man doodgeslaan, sy vrou herhaaldelik verkrag en hul driejarige kleindogter aangerand is, het agterna traumaberading gekry en is deur ’n pastoor toegespreek.“Ons is baie ontsteld oor wat ons gesien het. Ons gaan seker maak dat ons die mense kry wat dit gedoen het,” het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê.Vyftien gewapende aanvallers het ’n 54-jarige man, sy vrou (64), en hul driejarige kleindogter Saterdagoggend omstreeks 03:00 in hul slaap op ’n hoewe by Dalmade buite Polokwane oorval.Ngoepe het gesê die aanvallers het die man met stomp voorwerpe oral op die gesig en lyf geslaan.“Hulle het hom doodgeslaan.“Terwyl hulle hom geslaan het, het vyf mans die vrou om die beurt verkrag. Die kind het alles gesien en toe sy begin huil, het hulle haar hard in die gesig geklap,” het ’n steeds ontstelde Ngoepe gesê.“Dit was ’n afskuwelike toneel. Ons was met afgryse vervul. Dit was nie mooi nie. ’n Polisieberader en ’n pastoor is na die toneel ontbied en die polisiebeamptes het ná die tyd berading ontvang om te ontlont.”Ngoepe het gesê die vrou en kind word in ’n plaaslike hospitaal behandel. “Die vrou is erg getraumatiseer.“Die motief vir die moord is nog onbekend, want niks is uit die huis gesteel nie. Ons wil ook nie in dié stadium bespiegel dat dit ’n wraakaanval was nie.”Volgens Ngoepe is ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur en die polisie hoop om die aanvallers met die hulp van die publiek binnekort aan te keer.Die eenheid teen georganiseerde misdaad ondersoek die voorval.“Ons wil nie te veel besonderhede bekend maak nie, want ons wil die aanvallers nie die geleentheid gee om dit teen ons te gebruik wanneer ons hulle aankeer nie.”Die polisie het mense met inligting oor die voorval gevra om 10111 te skakel. - Beeld
Lees meer oor: polisie misdaad
----------------------------------------------------------------------------------


Sewe mans verkrag vrou
’n 32-jarige vrou is deur sewe mans in Mpumalanga verkrag terwyl haar hulpelose kêrel gedwing is om toe te kyk.

Tweede lyk op dieselfde plek gevind
Die lyke van twee vrouens is twee weke ná mekaar by dieselfde plek in Oos-Londen gevind, het die polisie gesê.


Zuma verander glo van deuntjie oor Malema
2010-04-20 07:03

Verwante skakels
Malema kan geskors word
ANC vra glo Mantashe om Malema vas te vat
ANC en jeugliga vergader oor Malema
Johannesburg – Die ANC sal na bewering alle aanklagte teen die omstrede president van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, laat vaar. Dit kom nadat president Jacob Zuma onverwags van mening verander het, het Times Live berig.Volgens ‘n interne bron van die regerende party het Zuma en ander top ANC-leiers besluit om die aanklagte teen Malema terug te trek ná afloop van ‘n vergadering met die jeugliga Maandag.Hierdie kontroversiële verwikkelinge sal na bewering Dinsdag tydens ‘n perskonferensie bekend gemaak word. Die ANC wou nie kommentaar lewer oor die nuutste bewerings nie, maar verskeie bronne na aan die jeugliga het bevestig dat Malema nie vervolg sal word nie. Daar is Maandag nog berig dat Malema moontlike skorsing in die gesig staar weens sy swak dissipline. Die klagte teen Malema spruit daaruit dat hy die party in oneer gebring het deur swak dissipline, hy aangehou het om vryheidsliedjies te sing en sy gedrag teenoor en behandeling van ’n BBC-joernalis.Lees meer hier.

No comments:

Post a Comment