Tuesday, April 13, 2010

Ry jy hiér? Pasop dan vir kapers




Ry jy hiér? Pasop dan vir kapers


2010-04-13 08:29
Janice Keogh


Wees op jou hoede wanneer jy by die Atterburyweg- en die Lynnwoodweg-afrit in Pretoria of die William Nicolrylaan-afrit in Johannesburg is. Jy mag dalk net die volgende slagoffer van ’n motorkaping wees.Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het onlangs ’n lys saamgestel van die berugte plekke in Pretoria en Johannesburg waar kapings die meeste voorkom.Volgens mnr. André Snyman, stigter van eBlockwatch, vind die meeste kapings plaas op afritte van snelweë of in woonbuurte naby snelweë. “Dit is ’n maklike en vinnige manier vir kapers om weg te kom. “Hoe vinniger hulle op die snelweg kom, hoe vinniger kan hulle afstand tussen hulle en die plek waar die voorval plaasgevind het, plaas.” Volgens Snyman sal die kapers altyd eers hul wegkomroete beplan voordat hulle ’n motor kaap.Sommige kapers volg weer ’n ander benadering. “Dit het al gebeur dat kapers mense in winkelsentrums sal dophou, hul optrede ontleed en hulle dan oorval nadat hulle die winkelsentrum verlaat het.” Volgens Snyman is die span by eBlockwatch tans op die spoor van ’n groep kapers wat bestuurders in spesifieke soort motors teiken. Hy wou nie sê watter motors nie omdat die kapers agterdogtig kan raak en agterkom hulle word gevolg. Snyman raai motoriste aan om te alle tye op hul hoede te wees. “Bly in jou truspieëltjie kyk en sluit jou motorhuis of veiligheidshek agter jou toe sodra jy tuis kom.” - Vir meer inligting oor eBlockwatch en vir ’n kaart van die gewildste gebiede wat deur kapers geteiken word, gaan registreer by http://www.eblockwatch.co.za/.


Gevaarplekke, Pretoria:Atterburyweg-afrit vanaf die N1 naby die Menlyn-winkelsentrumLynnwoodweg-afrit vanaf die N1John Vorster-rylaan-afrit vanaf die N1 in CenturionJeanlaan-afrit vanaf die R28 in CenturionRigellaan-afrit vanaf die N1 in ErasmuskloofDie kruising van Universiteits- en Lynnwoodweg in HatfieldJohannesburg:William Nicol-rylaan-afrit vanaf die N1New Road-afrit in MidrandKruising van Christiaan de Wet- en Wilgeroodweg in RoodepoortRivieraweg-afrit naby die Killarney-winkelsentrumIn Parkhurst tussen 10de en 11de Laan sowel as tussen 4de en 7de Laan

No comments:

Post a Comment