Monday, April 19, 2010

Gijima dreig staat met hof






Gijima dreig staat met hof


2010/04/19 06:15:00 AM




Apr 19 2010 17:08
Die regering gaan ’n aggressiewer vennoot in die verbandmark word, maar sal dit vermy om op te tree as ’n kleinhandelinstelling, sê mnr. Tokyo Sexwale.
PSG se netto batewaarde styg


Apr 19 2010 16:42
Die PSG-groep se netto batewaarde het in die afgelope boekjaar tot einde Februarie met amper 8% geklim.
Spesiale tariewe geld vir 5% van krag


Apr 19 2010 16:21
Eskom se langtermyn- spesiale tariefkontrakte met maatskappye maak “sowat 5%” uit van die totale elektrisiteitsverbruik in SA, sê me. Barbara Hogan.

Johannesburg. - ’n IT-stelsel ter waarde van miljarde rande wat die grondslag moet vorm vir die administrasie van binnelandse sake, is die sentrale punt in ’n dispuut tussen die IT-groep GijimaAst en die departement van binnelandse sake.
Dié departement het die kontrak vir die stelsel (bekend as Who am I online) in 2007 aan GijimaAst toegeken. Die departement voer nou aan dié kontrak, wat die modernisering van die departement se totale rugsteundienste behels en tans sowat R3,9 miljard werd is, is ongeldig.
GijimaAst dreig egter om hooggeregshof toe te gaan om te bevestig dat die kontrak steeds geldig is.
’n Deel van die kontrak behels ’n IT-stelsel om besoekers aan Suid-Afrika se visums op grensposte en lughawens te verifieer en te verwerk. Volgens die kontrak moes dié stelsel betyds vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi in werking gewees het.
Dit blyk nou dat dit dié deel van die kontrak is, wat die katalisator vir die dispuut is.
Tydens ’n vergadering op 11 Maart tussen GijimaAst en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, is GijimaAst meegedeel dat die departement GijimaAst gesystap het vir dié deel van die kontrak wat voor die sokkertoernooi klaar moes wees.
Die departement het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) genader om ’n deel van die ou bestaande IT-stelsel op te gradeer omdat hy geglo het GijimaAst sal nie die nuwe stelsel betyds vir die toernooi gereed hê nie. Sake24 verneem GijimaAst sal aanvoer hy sou wel ’n groot deel voor die aanvang van die toernooi gereed hê, maar nie die volledige IT-stelsel voor die spertye nie omdat die departement se werknemers nie hul kant gebring het nie.
Sake24 het ’n afskrif van ’n brief geadresseer aan mnr. Mkhuseli Apleni, die direkteur-generaal van binnelandse sake, waarin GijimaAst die uitkoms van die vergadering bevestig.
GijimaAst het aangebied om self die ou stelsel op te gradeer sodat die SAID se hulp nie nodig sou wees nie.
Die departement het glo nie hierop gereageer nie.
Na verneem word, het die opgradering van die bestaande stelsel die departement byna R130 miljoen gekos.
Vrydag het The Times berig die SAID het toe inderdaad in vier weke ’n stelsel geskep.
Sake24 verneem GijimaAst is deur sy regsverteenwoordigers ingelig dat hy ’n interdik kan vra om die departement te keer om voort te gaan met die SAID se IT-oplossing.
Omdat die tyd egter min is voor die toernooi en weens die “nasionale belang en die groot vernedering wat dit vir die regering sou inhou indien ’n interdik op die vooraand van die toernooi toegestaan sou word” het GijimaAst besluit om eerder nie daarmee voort te gaan nie.
Die groep wil eerder die kontrak in geheel beskerm as wat hy nou oor dié deel wat voor die toernooi afgehandel moes wees, kibbel.
GijimaAst se aandeelprys het Donderdag met 11,3% tot R1,09 geduik ná nuus oor die kontrak. Die kontrak verteenwoordig sowat 15% van GijimaAst se inkomste.

No comments:

Post a Comment