Monday, April 12, 2010

4 val gesin aan en gil: ‘Sterf! Viva, Malema!’







4 val gesin aan en gil: ‘Sterf! Viva, Malema!’
2010-04-12 00:22


Virginia Keppler
“Sterf wit man! Viva, Malema!”Só het vier gewapende rowers glo eergister omstreeks 05:00 tydens ’n plaasaanval in Bynespoort, sowat 5km van Mamelodi in die ooste van Pretoria, geskreeu toe hulle ’n gesin aangeval het.Mnr. Leon Johan Koekemoer (39), ’n kaptein en instrukteur in die Herstigte Kommandokorps, was saam met sy vrou, Annelie (37), en hul drie minderjarige kinders en hul 56-jarige loseerder tuis op hul plaas naby die Cullinand-pad toe die rowers toegeslaan het.Kmdt. Franz Jooste, uitvoerende direkteur van die kommandokorps wat as ’n art.21-maatskappy geregistreer is, het gesê die rowers het deur ’n venster in die sitkamer ingebreek nadat hulle die diefwering oopgebreek het. Jooste het gesê toe een van die rowers die egpaar in hul kamer wou oorval, het mev. Koekemoer opgespring en die kamerdeur toegegooi en dit probeer toedruk. “Die rower het die deur oopgeskop en toe met haar begin stoei. Kapt. Koekemoer het opgespring en na sy byl, wat hy in die kamer hou, gegryp.”Jooste het gesê kapt. Koekemoer het aanvanklik gesukkel om ’n hou in te kry omdat die aanvaller en sy vrou rof gestoei het. Toe hy ’n kans kry, het hy hard na die aanvaller gekap.“Dié het toe dadelik uit die kamer gehardloop en deur die sitkamervenster gevlug. Sy makker het intussen na die loseerder se kamer gegaan en daar probeer inkom.“Toe hy uiteindelik by die deur ingestorm het, het die loseerder twee skote op hom gevuur en hy het in die gang dood neergeval.”Die ander twee aanvallers het ook gevlug. Jooste het bygevoeg dat hulle die plaasaanvalle op mnr. Julius Malema, die ANC-jeugleier, en sy sing van die woorde “skiet die Boer” blameer. Jooste het gesê dié aanvallers het hulle vasgeloop omdat hul kommando’s paraat is danksy goeie opleiding wat hulle gekry het. “Ons het baie groot suksesse met die nuwe kommando wat weer op die been is.”Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van huisroof en poging tot moord. “Die polisie is ook besig met ’n geregtelike doodsondersoek na die dood van een van die aanvallers,” het Zulu gesê.

1 comment: