Tuesday, April 27, 2010

Aanvallers buit polisie-2 se dienspistole




Aanvallers buit polisie-2 se dienspistole


2010-04-26 21:54
Genl. Bheki Cele kom gistermiddag by die toneel aan waar lede van ’n blouligbende in Pretoria vasgetrek is nadat hy Amersfoort besoek het waar twee polisiebeamptes en ’n polisiereservis doodgeskiet is. Foto: Alet Pretorius
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Buks Viljoen
Terwyl twee polisiebeamptes se lyke ná ’n koeëlreën half bo-oor mekaar gelê het, het hul moordenaars hul dienspistole gesteel.Intussen het ’n swaar gewonde polisiereservis in ’n polisiebakkie vol koeëlgate na die Amersfoort-polisiekantoor gejaag waar hy ineengestort het. Reservis-konst. Sabelo Ngwenya (24) is kort ná sy aankoms in die Ermelo-hospitaal dood.Hy en konstt. Tebogo Maroga (30) en Joseph Molefe (32) is helde omdat hulle dood is in die stryd teen misdaad, het me. Sibongile Manana, Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit, gesê. Sy het die polisiekantoor, asook Molefe en Ngwenya se ouers, gister saam met genl. Bheki Cele en lt.genl. Thulani Ntobela, onderskeidelik nasionale en provinsiale polisiehoof, besoek.Sy en Ntobela gaan vandag na Burgersfort, waar Maroga se ouers woon. Al drie polisiebeamptes was ongetroud.Intussen het Beeld verneem die polisie ondersoek die moontlikheid dat lede van ’n blouligbende wat gister in Pretoria vasgetrek is dalk by die moorde betrokke was.’n Groep van agt tot tien aanvallers het Maroga, Molefe en Ngwenya (almal sonder koeëlvaste baadjies) eergister in die vroeë oggendure met AK47’s en R5-aanvalsgewere afgemaai.Die polisie het vroeër die nag ’n verdagte wit Conquest opgemerk. Die insittendes het weggejaag toe Maroga-hulle hulle wou voorkeer.Maroga-hulle het die voorval by die aanklagkantoor aangemeld en gevra dat ander polisiepatrollies na die voertuig moet uitkyk.Enkele ure later het die drie op die motor afgekom waar dit voor Eerste Nasionale Bank in Scheidingstraat geparkeer was. Die drie het vermoed die insittendes wil by die bank inbreek.Hulle het skaars uit hul bakkie geklim toe daar met AK47’s en R5-aanvalsgewere op hulle losgebrand is. Maroga en Molefe is op die toneel dood. Sowat 30 koeëls het die voertuig getref, die meeste daarvan die bestuurder se deur.Ngwenya is in die maag getref. Hy kon nogtans met die polisievoertuig wegjaag tot by die aanklagkantoor, sowat 500m van die bank. Daar het hy inmekaargesak.Die swaar gewonde Ngwenya is na die hospitaal in Ermelo geneem waar hy dood is.Volgens kapt. Leonard Hlathi, woordvoerder van die eenheid teen georganiseerde misdaad, wou die moordenaars skynbaar die kitsbank opblaas. Die polisie het in die kitsbank op plofstof en slagdoppies afgekom.’n Taakspan onder leiding van kol. Obed Ngwenya, hoof van die eenheid teen georganiseerde misdaad in Mpumalanga, is aangestel om die moordenaars vas te trek.

1 comment:

  1. Who controls organised crime in SA?

    Answer that question and you'll solve most of the violent crime in this country!

    ReplyDelete