Monday, April 5, 2010

Buitelandse media reageer met kommer na moord op Eugene Terre'Blanche







































Buitelandse media reageer met kommer ná moord op ET


2010-04-05 01:21

Elsabé Brits
Kaapstad - Die wêreld se media het gister in reaksie op die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche met kommer verwys na verhoogde rassespanning in die land, skaars tien weke voor die eerste Wêreldbeker-sokkertoernooi in Afrika.
“Terre’Blanche was die voorbeeld van skande in groot dele van die wêreld, maar vir duisende wit Suid-Afrikaners wat vir dekades lank politieke hervorming gevrees het, waarin magsdeling met swart mense beloof is, was hy ’n onweerstaanbare magneet,” het die Britse The Telegraph gister berig.
Volgens dié koerant het Terre’Blanche onder luide applous mense bemoedig en sou hy destyds “enigeen platvee wat van Suid-Afrika nóg ’n swart gedomineerde land in Afrika wou maak”.
Die Britse Guardian het verwys na die “verhoogde rassespanning in Suid-Afrika” waar mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, se sing van ’n struggleliedjie woede veroorsaak.
Die koerant het hom ’n “ou fascis” en “kleinlike, maar gevaarlike boelie” genoem.
“Terre’Blanche was geen grap nie, selfs al was hy nie die bedreiging in die oorgang na ’n meerderheidsregering wat hy homself verbeel het hy is nie. Die AWB het hele gemeenskappe geterroriseer en swart mense aangerand. En hy het een ding in gemeen gehad met Hitler: hy het ’n kragtige effek gehad met sy lang oproepe tot Afrikaner-nasionaliste en geskiedenis,” luidens die Guardian.
Die BBCse webtuiste het gister berig daar is “groeiende angs oor die misdaadsituasie in die land” kort voor die sokker. Dié nuusdiens het ook verwys na die liedjie waarin die woorde “kill the Boer” voorkom en verduidelik dat Boer “farmer” beteken, maar dit ook ’n neerhalende term is vir “enige wit mens in Suid-Afrika”.
The Washington Post, wat soos die meeste buitelandse koerante na Terre’Blance verwys het as ’n wit heerssugtige, het ook na vrese oor die komende sokker verwys. Die koerant het byvoeg dat die land massiewe uitgawes aangegaan het om die toernooi aan te bied, terwyl duisende kaartjies steeds nie verkoop is nie en hotelkamers onbespreek bly.
CNN het na Terre’Blanche se AWB as een van “neo-Nazi Afrikaners” verwys, wat sedert 1990 hervorming in Suid-Afrika teengestaan het. Dié nuuskanaal het ook genoem dat die land ’n tyd van “verhoogde rasse-polarisering beleef” en dat sy dood midde-in plaasgevind het.
Die Franse koerant Le Monde het berig hoewel die moord blyk niepolities van aard te wees, is daar 16?jaar ná die einde van apartheid steeds rassespanning in die land.
Op die webblad van Der Spiegel in Duitsland is berig daar is groeiende spanning tussen “wit en swart” in Suid-Afrika aan die vooraand van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Die koerant sê die moord kom in ’n “kritieke stadium vir Suid-Afrika”, omdat daar reeds swak veiligheid hier is.
Beide Der Spiegel en Le Monde het verwys na Terre’Blanche se pogings by die internasionale hof in Den Haag om ’n wit volkstaat te bekom, maar daar is bygevoeg dat sy invloed in Suid-Afrika min was.
- Die Burger
29 arrested en route to SA
2010-04-05 10:16
Maputo - Twenty nine undocumented Somali nationals were arrested in central Mozambique as they tried to use the southern African nation to get to South Africa, police said on Monday.
Ernesto Serote, police spokesperson in Zambezia province, said the 29 illegal immigrants were arrested on Sunday in two minibuses - one of them driven by an off-duty police officer.
He said the Somalis, who claimed to be refugees, said they were travelling to South Africa where they expected to start up businesses.
Mozambique is increasingly used by illegal immigrants from other African countries who want to enter into South Africa, said Serote.
- SAPA
Read more on: southern africa mozambique
---------------------------------------------------------------------------------------------
AWB rules out violence 2010-04-05 15:46
Related Links
'My son killed Terre'Blanche'
Call for 'reconciling leadership'
Ventersdorp - The party of murdered white supremacist Eugene Terre'Blanche ruled out any violent retaliation for his death on Monday.
The killing by two black farm workers on Saturday had stoked fears of possible violence and the AWB party had earlier spoken of avenging Terre'Blanche's murder.
"The AWB is not going to engage in any form of violent retaliation to avenge Mr Terre'Blanche's death," Pieter Steyn, a general in the AWB, told reporters.
"We appeal for people to remain calm. Anyone engaging in any form of violence is not doing it as AWB."
- Reuters
Read more on: mafikeng awb eugene terre'blanche

No comments:

Post a Comment