Thursday, April 29, 2010

Gesteelde voertuie oor grens gesmokkel

Gesteelde voertuie oor grens gesmokkel

2010-04-29 17:57

Komatipoort – Sowat ’n 100 gesteelde voertuie word per maand oor die grens van Mosambiek gesmokkel, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Donderdag gesê.

Kriminele sindikate gebruik die bergagtige landskap van die Mosambiekse grens om hulle aktiwiteite weg te steek voordat voertuie tot op die N4 na Maputo gery word, het Kol. Patrick Ncba Bobelo gesê.

"Meer as ‘n 100 voertuie per maand: Land Cruisers, 4x4, Mercedes-Benz, self klein motors," het hy aan die parlement se komitee van verdediging gesê, wat tans die omstandighede van die Suid-Afrikaanse grense ondersoek.

Die sindikate het die voertuie na die grens bestuur waar Suid-Afrikaanse dorpenaars van klein plattelandse dorpe hulle skuiling gebied het.

Die inwoners van dié grensdorpe het die voertuie help wegsteek en het inligting oor plaaslike wetstoepassing weergee voordat voertuie oor die grens geneem is.

Sindikate het gate in die grensdrade gesny, maar dit daarna weer herstel om hul dade toe te smeer.

Dorpenaars was sowat R1 000 tot R2 000 vir hul hulp aangebied, het Bobelo gesê.

Honderde meters van grensdraad word daagliks deur plaaslike inwoners gesteel om glo elders verkoop te word.

Lindiwe Sisulu, die minister van verdediging en die komitee is besig om omstandighede op die grens te evalueer voordat die SANW die kontrolering van die grens by die polisie oorneem.

"Dit is ‘n massiewe program, die infrastruktuur is nie die beste nie, die heining is nie in ‘n goeie toestand nie. Ons het ‘n grens van oor die 200m lank en ons moet dit oppas. Dit behels egter finansiële, tegnologiese en menslike hulpbronne,” het sy gesê.

-Sapa

1 comment: