Friday, April 30, 2010

Student in huis in Woodstock vermoor











Student in huis in Woodstock vermoor
2010-04-30 00:55
Kobus Pretorius en Jodine Cloete
Kaapstad’n Student van Woodstock is gisteroggend wreed aangeval en vermoor toe daar by sy huis, wat minder as 500 m van Woodstock se polisiekantoor is, ingebreek is.Mnr. Dane van Zyl (21), ’n student in besigheidsbestuur aan Unisa, is tussen 07:00 en 10:00 in sy huis in Pleinstraat, wat hy met sy broer en dié se vriend gedeel het, aangeval en verskeie kere met ’n mes in sy nek, bors en bene gesteek.Dit is die tweede moord in Woodstock binne drie dae. ’n Man (25) wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Dinsdag in Albertstraat met ’n mes vermoor.Sedert 2006 is minstens twee akademici en twee studente van die Universiteit van Kaapstad in dieselfde omgewing vermoor en is ao. Lourens le Roux voor die Woodstock-polisiekantoor doodgeskiet.Volgens Van Zyl se broer, Uriah (26), is hy en sy vriend omstreeks 07:15 werk toe. Hulle is albei bouers.Uriah het later teruggekeer huis toe om ’n sakekennis te ontmoet, maar eers by ’n winkel stilgehou om melk te koop.“Toe ek die voordeur oopsluit, het ek my broer in ’n plas bloed op die vloer aangetref. “Daar was verskeie meswonde aan sy lyf. Daar was oral bloed,” het hy gesê.Uriah het sy broer in sy bakkie gelaai en na die Chris Barnard-gedenkhospitaal gejaag, waar hy kort ná sy aankoms dood is.’n Vriend, mnr. Oliver Dolby, het die polisie na die huis ontbied.Met Die Burger se aankoms op die toneel het geskokte vriende Uriah bygestaan en omhels. Vlekke van sy broer se bloed was duidelik op sy klere sigbaar.Volgens sers. Hilton Malila, polisiewoordvoerder in Wood­stock, het die moordenaar die kombuisvenster gebreek om toegang tot die huis te kry. Van Zyl was alleen tuis ten tyde van die voorval.“Die man het met ’n skootrekenaar en ’n selfoon weggekom. Hy het deur ’n stegie langs die huis gekom en oor die muur van die bure geklim,” het Malila bygevoeg.Nadat hy uit die moordhuis gevlug het, het bure hom in hul agterplaas gesien.’n Struweling het tussen hulle ontstaan toe hulle hom in hegtenis wou neem.Die aanvaller, wat ’n rugsak by hom gehad het, het losgeruk, die rugsak laat val en weggehardloop.In die sak was DVD’s, ’n Play­Station en rekenaarkabels. Uriah het aan die polisie bevestig dat dit aan hulle behoort.Volgens Malila het die bure gesê die man was vol bloed. Die bure het ook gesê hulle het die verdagte al voorheen in die omgewing gesien.“Die aanvaller is ’n jong, kort man en sy arms is vol tatoeëermerke.”Geen wapen is op die toneel gevind nie.Uriah het gesê sy broer was ’n warm, liefdevolle mens wat vir ander omgegee het.“Almal het van hom gehou. Hy sou nooit enigiemand seermaak nie.”Die broers se ouers was gister uit die Noord-Kaap op pad na Kaapstad. Hulle woon naby Kimberley.
-------------------------------------------------------------------------------------
Cops catch student's killer
2010-04-30 19:11

Related Links
Cape student's killer sought
Student murdered in Woodstock

Cape Town
- A 19-year-old man was arrested on Friday for the murder of a student in Woodstock, Western Cape police said.Sergeant Hilton Malila said the man allegedly stabbed a Unisa business management student, identified by Die Burger as Dane van Zyl, several times on Thursday."The arrest follows after an intense investigation into the murder case. Information received from the public led police to a nearby house in Cornwall Street where the suspect was arrested, as he tried to flee from the police."He was due to appear in the Cape Town Magistrate's Court on Monday, on a charge of murder and housebreaking.Van Zyl was taken to the Chris Barnard Memorial Hospital, but died shortly after arrival.Malila said the killer got away with a laptop and a PlayStation.Die Burger reported that this was the second murder in Woodstock in three days.A 25-year-old unidentified man was stabbed to death in Albert Road on Tuesday night.The newspaper reported that at least two academics and two students from the University of Cape Town had been murdered in the same area since 2006.
- SAPA
Read more on: crime cape town

1 comment:

  1. AS N REGEERING EN SY 'HOOF DIENAARS ' SWAK EN KORRUP IS == SAL MISDAAD SEE 4

    ReplyDelete