Thursday, April 22, 2010

Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is


Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is
2010-04-22 09:00
Steenberg
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Hilda Fourie
Hy praat met haar en is seker dat sy hom hoor. “Maar mense, moet asseblief net nie ophou om vir my vrou te bid nie.”So het mnr. Jurie Steenberg (47) gister gepleit vir sy vrou, Suna (43), wat Vrydag by hul huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, deur misdadigers in die kop geskiet is.Sedert Steenberg op sy vrou afgekom het nadat sy geskiet is, waak hy langs haar bed in die hoësorgeenheid van die Montana-hospitaal. Hy gaan net huis toe om te bad en skoon aan te trek.Volgens Steenberg is sy vrou se toestand bedenklik, maar stabiel. Al is sy in ’n koma, haal sy op haar eie asem en haar hartklop en bloeddruk is stabiel. Oor die voorval kan Steenberg nie veel sê nie omdat hy nie tuis was toe dit gebeur het nie. Al wat hy weet, is dat daar baie skote was en op ’n kort afstand op sy vrou geskiet is. Daarby moes die misdadigers mev. Steenberg ook erg aangerand het, want benewens die beserings aan haar gesig is een van haar voortande ook gebreek. Sy is in die kop, hand en been geskiet. Niks is geroof nie.Steenberg was eerste op die toneel nadat mev. Poppie Steenberg (75), sy ma, om hulp geroep het.Steenberg het die Kameeldrift-polisiekantoor, die Advanced Paramedic Assist-nooddienste, lede van die Gebiedsbeskermingsaksie (GBA) in Leeuwfontein, die res van die inwoners van die Kameeldrift-wyk en die personeel van die Montana-hospitaal spesiaal bedank.

1 comment:

  1. Maak ons bloed kook.....Ons moet nou saamstaan en met aksie begin....Oog vir n oog.....Doodstraf moet nou aangepas word. Ons bid almal saam vir Mev.Steenberg.!!!

    ReplyDelete