Friday, April 2, 2010

Dozi trek glo 'n Malema op homself


Dozi trek glo 'n Malema op homself

2010-04-02 13:18
Verwante skakels
Dozi wurg laspos wat hom aan sy ‘juwele’ beetkry
Dronkes gaan vasgevat word by fees
Volstruisdorp vang lekker gees
Jason Lloyd, Krit (KKNK-feeskoerant)Oudtshoorn -

Die Afrikaanse musikant Dozi het 'n Malema op homself getrek deur die lirieke van die nou alombekende liedjie "skiet die boere" in "skiet die k******" te verander.Henk Opperman, beter bekend as Dozi, het Woensdagaand op die vooraand van die KKNK lekker gekuier in die Swiss Bistro-restaurant in Baron van Reedestraat. Volgens 'n kelnerin het Dozi goed gekoring alleen by dié restaurant opgedaag."Hy het hom by 'n tafel sitgemaak. Hy was vatterig en het geen respek teenoor my getoon nie. Net omdat ek nice was, beteken nie dat hy sommer aan my kon vat nie," het sy gesê.Later het Dozi, salig onbewus van Krit se joernalis se teenwoordigheid, rassistiese taal gebruik en gesê: "Die k****** moet geskiet word. Hulle het ons land afgeneem en ons wil dit terugneem."Boeta van der Berg, eienaar van die restaurant, het gesê rassistiese taal word nie in sy restaurant toegelaat nie."Ek het Dozi gekonfronteer. Hy het verskoning aangebied."Ek het vir hom gesê sy gedrag word nie toegelaat nie en dat ons nie meer in die apartheidsera leef nie. Ek en my vrou, Linda, is verskriklik jammer oor die lelike voorval."Dozi was nie Woensdagaand by die verwelkomingspartytjie wat die KKNK vir kunstenaars in Klub Al Capone gereël het nie. Brett Pyper, uitvoerende hoofbeampte van die KKNK, het gesê die feesbestuur en direksie is verbind tot die bevordering van 'n inklusiewe Afrikaanse waardestelsel. "Enige optrede wat afbreuk doen aan die waardestelsel is die teenoorgestelde van wat ons met die fees probeer doen. Dit is vir ons teleurstellend om te hoor van die aaklige beledigings deur Dozi. Dit is 'n jammerte en dit is verkeerd."Krit kon nie Donderdag vir Dozi voor saktyd opspoor nie.
Lees meer oor: vermaak skandale

No comments:

Post a Comment