Friday, April 2, 2010

Gekkedag-grappe vang lesers uit


Gekkedag-grappe vang lesers uit

2010-04-01 13:37

Verwante skakels
Man vas na bom-grap
Seun dalk tronk toe oor poets
Porno poets op snelweg gebak
Londen – Die Britse koerant, Sun, het vandag berig dat hulle die eerste gegeurde koerantpapier bekend sal stel terwyl die Daily Telegraph vertel van knaagdiere wat gebruik sal word om ondergrondse breëband-dienste aan afgeleë gebiede te verskaf.Dit is maar net twee van die gekkedag-grappe wat die media wêreldwyd vandag gemaak het.Elke jaar op 1 April bak verskeie media poetse op lesers en kykers om Gekkedag te vier.Vanjaar is David Beckham se geskeurde hakspier volgens Sport24 deur ‘n sangoma genees terwyl BBC-radio se Today program bekend gemaak het dat William Shakespeare nie Brits is nie, want sy ma was glo Frans.Volgens Australië se CNET het Apple onlangs sy nuwe toestel aangekondig. Dit heet die iTable. In Suid-Afrika het verskeie publikasies ook die gek met lesers geskeur. News24 het berig dat volksliedere moontlik van die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi verban sal word terwyl Beeld vertel het dat Morné Steyn graag doelskieter vir Bafana wil wees.Die Mail & Guardian het berig dat die lugredery kulula.com onlangs begin het om patentreg op die woord 'Sky' of 'Lug' te kry.Nuus24 se artikel, wat berig dat Fifa aangekondig het dat Julius Malema en Steve Hofmeyer ‘n gesamentlike item by die 2010 Wêreldbeker-konsert sal aanbied, was ook ‘n gekkedag grap.- Nuus24
Lees meer oor: kan jy glo

No comments:

Post a Comment