Friday, April 2, 2010

SA regering sal beslissing ten gunste van wit Zim-boere teenstaan











SA regering sal beslissing ten gunste van wit Zim-boere teenstaan




2010-04-02 20:40
Verwante skakels
Zim: Inswering van verkiesings- en menseregtekommissies
Zim ervaar voedsel-krisis
Zim-boere: SA op ’selfde pad
Kaapstad - Die Suid-Afrikaanse regering het Vrydag gesê hy sal 'n beslissing teenstaan waarvolgens wit Zimbabwiese boere 'n huis in Kaapstad wat aan dié buurland se regering behoort, kan eis.Pres. Robert Mugabe se regering het die boere etlike jare gelede as deel van die land se grondhervormingspojek van hul plase verwyder en hul grond geëis.Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het voorts in 2008 beslis dat die boere deur die Zimbabwiese regering gekompenseer moet word, aangesien die grond onregmatiglik by hulle gevat is.Die sowat 80 boere is teen gediskrimineer op grond van hul ras, het die SAOG beslis.Die huis in Kaapstad, ter waarde van R2,5 miljoen, is Dinsdag wettiglik deur die balju geëis ná 'n uitspraak in die Suid-Afrikaanse hof dat die SAOG-beslissing ook in Suid-Afrika afdwingbaar is."Ons sal die beslissing teenstaan," het Kgomotso Molobi, diplomatieke hoof by die departement van buitelandse sake, Vrydag aan AFP gesê.Die huis, in die Kaapse voorstad Kenilworth, word nie deur diplomatieke immuniteit beskerm nie en is Dinsdag geëis.Willie Spies, die boere se prokureur, het Vrydag gesê die groep sal "enige appèl deur die Suid-Afrikaanse regering teenstaan."Mugabe het sy grondhervormingsprojek 10 jaar gelede geloods in 'n poging om grondeienaarskap in Zimbabwe beter tussen die land se swart en wit inwoners te balanseer.Die veldtog het egter gou in chaos ontaard, en is gekenmerk deur geweld en wanbestuur wat die land se primêre ekonomie, afhanklik van boerdery, vernietig het. Zimbabwe oorleef nou afhanklik op voedselskenkings uit die buiteland.- Sapa
Lees meer oor: boere in afrika zimbabwe

No comments:

Post a Comment