Friday, April 2, 2010

AfriForum verheug oor interdik teen Malema




AfriForum verheug oor interdik teen Malema




Kaapstad -


AfriForum is verheug oor die interdik wat Donderdagaand in die hooggeregshof in Pretoria teen Julius Malema toegestaan is. Die impak van die uitspraak is daarin geleë dat Malema in effek nou verbied word om die gewraakte struggle-lied “Dubul’ ibhunu” (“Skiet die Boer”) te sing tot die verhoor wat AfriForum Jeug in die Gelykheidshof teen Malema aanhangig gemaak het, plaasvind. Die interdik volg op 'n dringende aansoek wat deur AfriForum en TLU SA teen Malema gebring is.Volgens Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, is hierdie dringende aansoek onder meer gebring omdat AfriForum van mening was dat die stof wat die afgelope twee weke deur Malema se aanhoudende sing van die lied opgejaag is, eers moet gaan lê. “Dit is nodig dat nugterheid weer na die debat terugkeer. Die interdik skep nou 'n gelyke speelveld waarop meer sensitiwiteit oor die aangeleentheid kan ontwikkel,” het Spies bygevoeg.AfriForum bly verbind tot 'n proses van dialoog waardeur wedersydse vertroue en respek in Suid-Afrika bevorder kan word. Malema se kontroversiële uitsprake van die afgelope tyd het die gemeenskap net meer gepolariseer. Hopelik sal die interdik daartoe bydra dat die skade wat in die proses aangerig is, tot 'n mate herstel kan word.-Nuus24
Lees meer oor: afriforum julius malema

No comments:

Post a Comment