Thursday, April 1, 2010

Boer gee glo R2 milj om Malema uit te haal






















Boer gee glo R2 milj om Malema uit te haal












Die ANC het Donderdag sy skok uitgespreek oor 'n SMS wat 'n R2 miljoen beloning aanbied vir enigeen wat Julius Malema doodmaak.Die ANC neem dié dreigement "baie ernstig" op en het dit by die minister van polisie, Nathi Mthethwa, vir verdere ondersoek aangemeld, het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê."Dié SMS is 'n openbare verklaring om (Malema) dood te maak," het hy gesê.'n Boer van Delmas het glo dié beloning aangebied.Die dreigemente herinner aan veldtogte van die regse propaganda teen ontslape ANC-lede wat eindelik doodgemaak is, meen die party."Ons hoop nie daar is 'n poging om só 'n omgewing rondom Malema te skep nie, ten spyte van die irritasie wat sommige mense dalk met hom mag hê," lui die verklaring.Mthembu het gesê die ANC het die VF+ herhaaldelik gewaarsku oor sy veldtog teen Malema."Dit is ons siening dat die veldtog deur die VF+ 'n gunstige omgewing skep vir enige persoon of groep om aksie te neem om Malema skade te berokken en selfs 'n sluipmoord op hom uit te voer."Die VF+ het 'n kriminele klag teen Malema aanhangig gemaak omdat hy herhaaldelik "Skiet die Boer" sing.Die VF+ het ’n veldtog teen die ANC-jeugleier geloods sodat druk op die regering geplaas kan word om op te tree.– Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: anc misdaad politiek julius malema

No comments:

Post a Comment