Saturday, April 3, 2010

Zuma se regskostes R9,6 miljoen


Zuma se regskostes R9,6 milj

2010-April 11:50
Johannesburg - Pres. Jacob Zuma se regskostes het R9,6 miljoen in die 2008/09 finansiële jaar beloop, berig The Star.Dít is volgens inligting wat deur die presidensie aan die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskaf is.Sowat R10 miljoen is op regskostes in die presidensie spandeer, waarvan R9,6 miljoen vir Zuma was.Dít is R4,6 miljoen meer as die R5 miljoen syfer wat Jessie Duarte, hoofbeampte van operasies in die presidensie, 'n week gelede aan Scopa gegee het.Themba Godi, voorsitter van Skoor, het gesê hy sal 'n brief aan die presidensie skryf en hulle vra om die saak duidelik te maak.– Sapa

No comments:

Post a Comment