Thursday, April 1, 2010

Julius Malema en Steve Hofmyer sing saam vir 2010






















Julius en Steve sing saam vir 2010
2010-04-01 06:00
Verwante skakels
SA kunstenaars vies oor WB 2010-konsert
'Ek sal altyd lief wees vir Steve'
Klagtes stroom in oor Julius se liedjie
Kaapstad – Fifa het met trots aangekondig dat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr ‘n gesamentlike item by die 2010 Wêreldbeker-konsert sal aanbied.Die konsert, ter aanloop van die komende sokkertoernooi, sal op 10 Junie in die Orlando-stadion in Johannesburg aangebied word.Fifa het die nuus Donderdag tydens 'n perskonferensie in Johannesburg bekend gemaak.Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga (ANCYL), het dieselfde dag 'n verklaring uitgereik waarin hy sê die beweging is "verheug" oor die nuus.“Die sokkertoernooi is ‘n geleentheid vir Suid-Afrikaners om saam vorentoe te kyk,” het Shivambu in die verklaring gesê.Die ANCYL-woordvoerder het bygevoeg dat Malema dié geleentheid wil gebruik om "krapperige gevoelens" tussen Afriforum Jeug en die ANCYL finaal opsy te skuif.Malema, wat die skare by die Orlando-stadion sal verwelkom, sal volgens Fifa sy toespraak afsluit met ‘n lied, bygestaan deur Steve Hofmeyr.Die omstrede jeugligaleier het Hofmeyr glo persoonlik gekontak vir die duet.“Ek moet bieg, ek was baie verbaas toe Julius my bel. Eers het ek gedog ek word vir die gek geneem,” het Hofmeyr per telefoon aan Nuus24 gesê.Die Afrikaanse sanger het egter bygevoeg dat hy onmiddellik ingestem het.“Dit gee my hoop vir ons land,” aldus Hofmeyr.Hy wou egter geen leidrade gee oor wat die paar sal sing nie, hoewel die trefferlied "Pampoen" die grootste moontlikheid staan. – Nuus24
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: bekendes 2010 steve hofmeyr julius malema

No comments:

Post a Comment