Wednesday, March 31, 2010

Jeugleiers kritiseer Malema se Zim-besoek
















Jeugleiers kritiseer Malema se Zim-besoek





2010-03-31 01:12
Philda Essop
Kaapstad – ’n Bedreiging vir die kommersiële landbou en ’n vermorsing van tyd en geld.Dít is wat politieke jeugformasies dink van die ANC-jeugliga se voorgenome besoek aan Zimbabwe.Die omstrede leier van die ANC-jeugliga, mnr. Julius Malema, lei Vrydag ’n afvaardiging na Zimbabwe waar hy pres. Robert Mugabe gaan ontmoet en onder meer nasionalisering sal bespreek. Ander lande wat om dieselfde rede deur Malema en ’n afvaardiging van sewe jeugliga-leiers besoek gaan word, sluit China, Chili, Kuba, Venezuela en Brasilië in.Mnr. Jan van Niekerk, jeugleier van die VF+, het in ’n verklaring sy kommer hieroor uitgespreek. Hy glo dit is nie in landsbelang nie. Dat Malema nasionalisering met Mugabe wil bespreek, “spreek boekdele” en stuur ’n “bepaalde boodskap” die wêreld in.“In die onseker ekonomiese tye waarin Suid-Afrika nou is, is dit juis die verkeerde stap om met ’n land te vergader waar die kommersiële landbou deur nasionalisering op sy knieë gedwing is.”Die VF+-jeug is uiters bekommerd dat die ANC bereid is om sy jeugvleuel toe te laat om in Zimbabwe en by Mugabe kers te gaan opsteek. “Indien Malema met sy besoek aan pres. Mugabe voortgaan, flikker die rooi ligte vir Suid-Afrika se landbou en die voortbestaan van kommersiële boere.”Mnr. Khume Ramulifho, DA-jeugleier, het by navraag gesê Malema en die regerende Zanu-PF van Zimbabwe is “bykans dieselfde”.“Goeie regering word op dieselfde vlak deur Zanu-PF en die ANC verstaan, omdat hulle dink daar is geen verskil tussen die staat en die regerende party nie. Die ANC-jeugliga gaan deur dié besoek net leer hoe om staatshulpbronne verder te verspil en hoe om onafhanklike staatsinstellings te vernietig,” het hy gesê.Ook mnr. Pitso Mphasha, PAC-jeugleier, dink dié reis is ’n vermorsing van geld.Hy glo nie die nasionalisering van die myne gaan gewone Suid-Afrikaners enigsins bevoordeel nie.“Dit sal net neerkom op die erkenning van diefstal. “Ons staan die sosialisering van die myne voor, ja. Dit beteken dat die myne aan die mense sal behoort en nie aan mense wat aan hulself tenders toeken en só erken dat hulle diewe is nie.”
- Volksblad

No comments:

Post a Comment