Friday, March 26, 2010

ENB sluit 34 takke


ENB sluit 34 takke

010/03/26 10:38:00 AM

Verwante artikels
Ekonomie kan dalk sterker as verwag groei
Verdriet is my van, en ek sal kla
PayPal in SA met ENB

window.Hoofberigte
‘Boete moes kleiner gewees het’Mar 26 2010 13:59
Pioneer Foods glo hy moes nie met meer as R38,4 miljoen beboet geword het vir sy deelname aan die brood-prysvasstelling nie, wat drasties minder is as die boete van R196 miljoen wat hy van die Mededingingstribunaal gekry het.
‘Transnet kan tariewe verhoog’Mar 26 2010 12:36
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika sê Transnet kan in April al sy tariewe met 6,09% opstoot.
Verhoogde risiko’s van kragonderbrekingsMar 26 2010 12:30
Suid-Afrika staar verhoogde risiko’s van kragonderbrekings van 2011 tot 2013 in die gesig indien verbruikers nie probeer om elektrisiteit te spaar nie, sê ’n minister.

Johannesburg. – Eerste Nasionale Bank (ENB) se werknemers in die Noord-Kaap en Vrystaat staar afleggings in die gesig nadat dié bank besluit het hy gaan 34 van sy takke toemaak, het die vakbond vir die finansiële sektor, Sasbo, Vrydag gesê.
Die vakbond het gesê hy het in verbinding getree met die bank om alternatiewe tot die moontlike afleggings van werknemers te ondersoek.
ENB het die vakbond ingelig hy wil sy kleiner, nie-winsgewende takke in hierdie twee gebiede toemaak.
“Die vakbond glo dié besluit is nie goed nie, in die lig van die jongste leidende aanwysers wat ’n herstel in die ekonomie aandui,” het Sasbo gesê.
“Ons sal alles in ons krag doen om werkverliese te verhoed. Werkloosheid is een van baie probleme binne die Suid-Afrikaanse ekonomie en dit dra by tot ’n stadiger ekonomiese herstel,” het me. Vanessa Hattingh, adjunk-sektretarisgeneraal van Sasbo, gesê. – I-Net Bridge

No comments:

Post a Comment