Tuesday, March 16, 2010

Nog n klagte van haatspraak teen Malema







Nóg klagte van haatspraak teen Malema



2010-03-16 04:42

Verwante skakels
Malema skuldig aan haatspraak
Nou gaan Malema appelleer
Julius Malema ‘is ’n bespotting’
Johannesburg - 'n Tweede klag van haatspraak is Maandag in die gelykheidshof teen Julius Malema sowel as die ANC aanhangig gemaak.Dit volg nadat die ANC-jeugligaleier by 'n onlangse studentebyeenkoms in Johannesburg "skiet die boere" gesing het.Die klag volg kort op die hakke van Malema se skuldigbevinding Maandagoggend op 'n vorige aanklag van haatspraak.Richard Maluleke, die hofklerk, het Maandagmiddag gesê die hof het die tweede klag teen Malema aanvaar.Die klag is deur AfriForum Jeug gelê.Malema en die ANC het 10 dae om op die klag te reageer.Die gelykheidshof in Johannesburg het Maandag vir Malema skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering.Mbuyiselo Botha, raadgewer van die Sonke Gender Justice Network, het Malema hof toe gesleep nadat die ANC-jeugleier in Januarie 2009 gesê het die vrou wat pres. Jacob Zuma van verkragting aangekla het, het “ ’n lekker tyd gehad”.Hy het dié stelling voor sowat 150 studente aan die Universiteit van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) gemaak.Luidens hofstukke het Malema gesê “wanneer vrouens dit nie geniet het nie, gaan hulle vroeg die volgende dag huis toe. Dié wat ’n lekker tyd gehad het, wag tot die son opkom, eis ontbyt en vra vir taxi-geld.”Malema het bygevoeg dat die betrokke vrou wel vir ontbyt gebly het, en taxi-geld gevra het.Hy het verwys na die vrou wat Zuma van verkragting beskuldig het.- Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: hof haatspraak julius malema

No comments:

Post a Comment