Tuesday, March 23, 2010

Koos Kaap toe vir nuwe heup


Koos Kaap toe vir nuwe heup

2010-03-22 22:16

KoosVan der Merwe
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Cobus Coetzee
Met ’n nuwe heup wil mnr. Koos van der Merwe, IVP-hoofsweep, die stryd teen verengelsing voortsit.Van der Merwe en sy vrou, Annette, het gistermiddag in ’n vliegtuig na Kaapstad geklim waar hy ’n heupvervangingsoperasie sal ondergaan.Dít nadat hy geweier het om in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria-Oos opgeneem te word omdat dié hospitaal se opnamevorms net in Engels is.Van der Merwe het verlede week in ’n rusie met die hospitaal betrokke geraak omdat hy voel sy taalregte word misken.Me. Marietjie Shelly, kommunikasiebestuurder van Life, het vroeër bevestig die opnamevorms is slegs in Engels beskikbaar en dat daar geen wetlike plig is om sulke vorms in alle landstale beskikbaar te stel nie.“Hulle wil Engels op ons afdwing. Daarmee is al in die tyd van lord Charles Somerset begin ... gedurig moet ons teen verengelsing veg en ek is bereid om dié stryd voort te sit,” het hy gesê.Van der Merwe sal nou oormôre in die Panorama Medi-Clinic in die noordelike voorstede van Kaapstad onder die mes gaan.“Ek gaan terug na ander dokters in die Kaap toe. Ek het hulle gebel en dié het gesê hulle gaan my Afrikaanse vorms gee of dit wat ek wil hê. So ek is tevrede,” het hy gesê.Van der Merwe glo daar is ’n geweldige weerstand aan die opbou teen Life en sy taalbeleid. Volgens hom is daar verskeie burgerlike organisasies en ander instellings wat hul stem by “die stryd” sal voeg. “Hulle wil nie Afrikaans hê nie. Dit is die kort en die lank daarvan. So hulle moet nou maar die pak vat, ouboet,” het hy gesê.Van der Merwe het gesê sy vrou sal nou 15 km van hul huis in Bloubergstrand na die hospitaal moet ry om hom te besoek en sal hom nie saans kan besoek nie.Die hospitaal in Pretoria is maar ’n kilometer van hul huis in die hoofstad.“As jy jou wil blootstel vir jou taal, is dit maar wat jy moet doen,” het hy gesê.Van der Merwe dreig dat as Life nie hul taalbeleid hersien het sodra hy uit die hospitaal ontslaan word nie, hy ’n betoging by die hospitaalgroep se hoofkantoor sal reël.

No comments:

Post a Comment