Sunday, March 21, 2010

Malema se spioene






2010-03-20 23:29
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon

Vroeër die week het ’n groep senior joernaliste ’n klag teen die jeugliga se woordvoerder mnr. Floyd Shivambu ingedien nadat hy inligting in dossiers gebruik het om joernaliste te dreig en te intimideer. (Foto: Lucky Nxumalo)

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Dumisane Lubisi
Beswaarde oudwerknemers van die regering help die ANC-jeugliga om op “vyande” van dié organisasie te spioeneer en sensitiewe inligting oor hulle in te samel.

’n Ondersoek deur City Press, Rapport se susterkoerant, en Eye Witness News het aan die lig gebring dat talle oudstaatsamptenare wat ná tug- of strafregtelike prosesse afgedank is, nou saamspan om hul voormalige werkgewers af te pers.

Een van dié groep se taktieke is om die samewerking van politiek invloedryke groepe, soos die ANC-jeugliga, te verkry. Op hul beurt verskaf hulle dan hulp aan die jeugliga.

Een van die kernfigure in dié skaduagtige bedrywighede is mnr. Michael Peega, afgedankte doeanebeampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat ’n omstrede dossier vir die jeugliga saamgestel het waarin onder meer beweer word dat Jan Taks sy mes in het vir mnr. Julius Malema, jeugliga-leier.

Peega is in Junie verlede jaar deur die SAID, in die pad gesteek ná et­like aanklagte. Hy is tans op borgtog van R20 000 en staan tereg op aanklagte wat van onwettige renosterjag tot die besit van onwettige vuurwapens strek.

Na verneem word, is Peega een van die mense wat vertroulike inligting insamel oor joernaliste en politici wat krities oor Malema se leefstyl en bedrywighede is.

Die inligting word in “dossiers” saamgevat wat aan die jeugliga oorhandig is sodat hulle dit kan gebruik om hul teenstanders se reputasie skade te berokken.

Selfs pres. Jacob Zuma het Vrydag op ’n plegtigheid van die Nasionale Persklub toegegee dat die spioenasie op joernaliste en die opdiep van hul persoonlike inligting ’n “onaanvaarbare” situasie skep.

“Wat ek gehoor het, is skokkend. Ons ondersoek nou joernaliste? Vir wat?” het Zuma gesê.

Vroeër die week het ’n groep senior joernaliste ’n klag teen die jeugliga se woordvoerder mnr. Floyd Shivambu ingedien nadat hy dié inligting in die dossiers gebruik het om joernaliste te dreig en te intimideer.

Die jeugliga het beweer dit is inligting oor joernaliste wat omkoopgeld “in bruin koeverte” aanvaar, saam met politici slaap om stories te kry en hulle in die binnepolitiek van die regerende alliansie inmeng.

Peega en ander het blykbaar vanuit die spoggerige kantore van die jeugliga se beleggingsfirma, Lembede Investment Holdings, gewerk. Hulle het glo skootrekenaars, 3G-verbindings en geld gehad sodat hulle landwyd “intelligensie” kon insamel.

Blykbaar is dié span ná Junie verlede jaar saamgestel nadat die SAID Peega afgedank het.

Peega is gister om kommentaar genader en het gesê hy sal dit later verskaf, maar was teen druktyd nog stil. Maar hy het wel Vrydag aan Eye Witness News gesê: “Ek het geen persoonlike verhouding met die jeugliga nie en ek verskaf nie inligting oor joernaliste of ander bedrywighede nie.”

Me. Magdalene Moonsamy, jeugliga-woordvoerder, het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Malema het reeds een van die dossiers – wat Peega na eie erkentenis help saamstel het – gebruik om mediabelangstelling in sy sakebelange in Limpopo te beveg. In die betrokke verslag het Peega beweer mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies en destyds kommissaris van die SAID, het ’n eenheid saamgestel om die welvaart van Zuma se ondersteuners te ondersoek.

Die SAID het bevestig so ’n eenheid bestaan, maar sê die dossier is grotendeels ’n fiktiewe skepping van Peega.

Mnr. Adrian Lackay, SAID-woordvoerder, sê hulle is bewus van Peega se dreigemente en dat daar “talle vergaderings en interaksie tussen afgedankte en ontevrede werknemers” was waar die samestelling van die dossier bespreek is.

“Die SAID het rede om te glo die doel van die dossier is om onware bewerings teen SAID-bestuurders te maak om die organisasie skade te berokken,” sê Lackay.

– Lees meer oor die toenemende weerstand teen Julius Malema, en pres. Jacob Zuma se uitlatings oor dié situasie. Lees ook dié opiniestuk oor Julius Malema se uitsprake.


- Rapport

Weerstand teen Malema neem toe
2010-03-20 23:29
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon Jan-Jan Joubert en Henry Cloete
Weerstand teen die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, se opruiende openbare uitsprake het gister gegroei.

Die ANC verkies steeds om nie op Malema se uitlatings, wat uit verskeie oorde as haatspraak en ’n bedreiging vir rasseverhoudinge bestempel word, te reageer nie.

In Kaapstad is Malema gister gebraai deur politieke leiers wat die OD se na­sionale konferensie bygewoon het.

Dr. Mamphela Ramphele, oudrektor van die Universiteit van Kaapstad, het met verwysing na Malema se smalende verwysing in 2008 na die klaagster in die Zuma-verkragtingsaak gesê dit is “verbysterend” dat universiteitstudente kan luister na stellings wat vroue verneder en glad nie beswaar maak nie.

Me. Helen Zille, DA-leier, het gesê Malema is die beliggaming van die ANC. Weens die leierskapvakuum in die ANC praat hy vandag namens die ANC en wil hy môre die leier van die ANC en die hele land wees.

“Dit nou van ’n man wat in die openbaar beweer hy wil myne nasionaliseer, maar agteraf miljoene maak uit private myntransaksies.

“Dis ’n man wat korrupte tenders kry in Limpopo en brûe bou wat binne weke wegspoel.

“Dis ’n man wat (die sanger) Jub Jub in die tronk ondersteun en vir hom braaihoender vat, maar die gesinne ignoreer van die vier kinders wat dood is toe Jub Jub en sy vriend bedwelmd in ’n openbare pad afgejaag het.”

Sy het uitgewys die ANC het niks hiervan gerepudieer nie, wat slegs kan beteken dié gedrag simboliseer die huidige ANC.

“Ons kan nie toelaat dat hulle ooit die hele Suid-Afrika simboliseer nie.”

By navraag oor hoe teen Malema opgetree kan word, het mnr. Mosiuoa Lekota, Cope-leier, aan Rapport gesê daar is drie opsies:

* Spesifieke klagte moet ingedien word sodat uitsprake teen hom ophoop;
* Volgehoue druk op die ANC;
* Mense moet teen die ANC stem.

Intussen is Rapport oorval deur e-posse van mense wat woedend is oor Malema en sy aanhangers se gedrag.

Dit kom nadat Malema die afgelope week glo mnr. Ernst Roets van die AfriForum-jeug met geweld gedreig het.

Dié organisasie het ’n lys met name van vermoorde plaasboere aan Malema probeer oorhandig in reaksie op sy lied “Skiet die boere, hulle is verkragters”.

Vroeër het Malema glo agter toe deure aan Roets gesê AfriForum sal ’n herhaling van die Shell House-slagting in 1994 (toe IVP-betogers deur ANC-veiligheidswagte afgemaai is) beleef indien AfriForum by Luthuli-huis opdaag.

Die ANC het gister steeds sy hande van die haatspraak-kwessie gewas.

“Hoekom sal die president betrokke raak… polities gesproke staan die jeugliga apart van die ANC,” het mnr. Zizi Kodwa, woordvoerder in die presidensie, gesê.

Op Facebook gons dit oor uitsprake wat ’n Malema-aanhanger glo geskryf het. “Julle f****n wit varke?… Malema is ons leier… ons sal ons land terugvat.”

Dié inskrywing is ook met haat­spraak deur wit Facebook-gebruikers begroet. Ene Stefanio Dimera skryf Malema is ’n “tipiese k***er” en “sy swart susters sal aanhou werk as ons bediendes!”

’n Kenner in mediareg sê dié inskrywings geld reeds as haatspraak.

Malema se praatjies word volgens prof. André Duvenhage, politieke ontleder, deur die ANC verduur weens dié party se leierskapkrisis.

“Die diskoers is besig om drasties te polariseer… en Malema is die versneller.”

Mnr. Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, sê Cosatu is “veral gekant” teen die haatspraak van Malema – maar hulle kan net binne Cosatu-strukture iets doen.

Prof. Hermann Giliomee, historikus, sê Malema se gedrag “kan ’n spiraal word wat op niks goeds kan uitloop nie”.


- Rapport

Zuma se tuisdorp gaan kondoom-mekka word
2010-03-20 23:29
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon

Mnr. Mziyanda Sikhakhane voor sy huis in Nkandla waar hy twee vroue en meer as 20 kinders het. ’n Nuwe kondoomfabriek kan 500 werksgeleenthede hier in pres. Jacob Zuma se agterplaas skep. (Foto: Khaya Ngwenya)

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Loyiso Sidimba
Msholozi, soos pres. Jacob Zuma in sy tuisdorp, Nkandla, bekend staan, het hom wêreldwyd kritiek op die lyf geloop omdat hy soms nie veilige seks beoefen nie.

Zuma se skynbare renons in kondome is ontbloot tydens sy onsuksesvolle vervolging weens beweerde verkragting in 2006 – toe hy toegegee het dat hy onbeskermde seks met die klaer gehad het hoewel hy geweet het sy is MIV-positief.

En onlangs is die poligamiese president se erns met veilige seks weer bevraagteken toe dit onthul is dat hy ’n buite-egtelike kind by die dogter van die sakemagnaat Irvin Khoza se dogter Sonono verwek het. Zuma het sover bekend minstens 20 kinders.

In die afgeleë Nkandla-distrik in die bergagtige noorde van Kwa­Zulu-Natal word Zuma se vrugbaarheid allerweë as bewys van sy manlikheid beskou.

Maar nou lyk dit of kondome Nkandla uit sy landelike armoede kan laat opstaan…

’n Kondoomfabriek gaan in KwaNxamalala in die Nkandla-distrik opgerig word, het mnr. Law­rence Mavundla, die president van die National Federated Chamber of Commerce (Nafcoc), Woensdag aangekondig. Sowat R7 miljoen sal in die fabriek ingepomp word.

Mavundla het op die ontwikkelingsberaad van die Independent Development Trust in KwaNxamalala gesê die projek sal in samewerking met plaaslike sakeondernemings gedryf word.

“Suid-Afrika het werksgeleenthede nodig en MIV/vigs versprei baie vinnig omdat mense nie kondome kry nie.”

Die plaaslike ontwikkelingsforum, waarvan Zuma se jonger broer ’n lid is, is ook deel van die projek.

Mavundla – ook ’n boorling van Nkandla – meen die kondoomfabriek kan sowat 500 nuwe werksgeleenthede baar.

Volgens hom sal geld uit onder meer Amerika, Kenia en Botswana in die kondoomfabriek gestort word.

Vir die inwoners van Nkandla was die koms van die fabriek blye nuus. Mnr. Enoch Mthiyane (27) sê hy het selde werk en is opgewonde.

Hy kla ook dat die plaaslike kliniek soms nie kondome het nie.

Volgens mnr. Sibusiso Mkhize (21) sal die beoogde fabriek die jeug van die distrik aanmoedig om kondome te gebruik.


- Rapport

Kommentaar deur Sonny

Wat van die 42 Mil kondome geskenk deur die Britte aan Zuma?

Die ANCYL het nou hul eie NIA!

No comments:

Post a Comment