Thursday, March 18, 2010

Eksklusief: Sake 24 vat Eskom,BHP Billiton hof toe




Eksklusief: Sake24 vat Eskom, BHP hof toe


2010/03/18 07:55:00 AM


Jan de Lange
(Hoofberigte)
Eksklusief: Sake24 vat Eskom, BHP hof toeMar 18 2010 07:55
Sake24 vra ’n hofbevel wat Eskom verplig om die pryse bekend te maak waarteen elektrisiteit verskaf word aan BHP Billiton se twee aluminiumsmelters in Suider-Afrika. Lewer gerus kommentaar onderaan die berig.
Swart eienaarskap op JSE stygMar 18 2010 17:10
Swart eienaarskap van maatskappye wat op die JSE genoteer is, het met 23,8% gestyg, sê Solidariteit.
Cipla se resultate gesondMar 18 2010 16:19
Die farmaseutiese groep Cipla Medpro het stewige resultate gelewer, maar hy moet nog beleggers daarvan oortuig dat sy omkeerstrategie vir sy vervaardigingsafdeling vrugte gaan dra.

Johannesburg. - Sake24 vra ’n hofbevel wat Eskom verplig om die pryse bekend te maak waarteen elektrisiteit verskaf word aan BHP Billiton se twee aluminiumsmelters in Suider-Afrika.
Die hofstukke vir die aansoek is eergister by die Randse hooggeregshof in Johannesburg ingedien en sal in die loop van vandeesweek aan Eskom bestel word.
Die aansoek volg op ’n omvattende ondersoek die afgelope maande na dié twee hoogs geheime kontrakte wat Eskom in die vroeë 1990’s vir die verskaffing van elektrisiteit met die smelters Hillside in Richardsbaai en Mozal buite Maputo in Mosambiek, gesluit het.
Die omstandighede het sedertdien verander en die ondersoek het laat blyk dat Eskom enorme verliese ly uit die elektrisiteitsverskaffing aan dié twee smelters.
Die twee smelters alleen verbruik 5,68% van Eskom se basis-kragopwekkingsvermoë en kry volgens alle aanduidings krag teen minder as kosprys van Eskom. Hillside, die grootste van die twee, verbruik 1 200 MW, wat van hom alleen die derde grootste enkele elektrisiteitsverbruiker in die land maak ná Kaapstad en Durban. Die twee stede verbruik elk 1 300 MW.
Die land sou dus nie meer ’n elektrisiteitskrisis gehad het as hy nie krag aan die twee smelters gelewer het nie.
Die kontrak tussen BHP Billiton en Eskom raak elke Suid-Afrikaner omdat dit nie net Eskom se benarde finansiële posisie verder verswak nie, maar dit ook daarop neerkom dat gewone Suid-Afrikaners deur die betaling van hoër elektrisiteitstariewe BHP Billiton se aluminiumsmelter subsidieer.
Elektrisiteitspryse vir Hillside en Mozal word gedeeltelik of heeltemal bepaal deur die alumi?niumprys op die Londense metaalbeurs (LME) kragtens ’n hoogs geheime formule in ’n kontrak wat vroeg in die 1990’s gesluit is. Dié ooreenkoms geld vir etlike dekades.
Die aluminiumprys het in 2008 en verlede jaar skerp gedaal en het steeds nie herstel nie.
Die twee kontrakte is volgens Sake24 se inligting geheel en al verantwoordelik vir die verlies van R9,5 miljard wat Eskom in die jaar tot einde Maart 2009 gely het weens “afgeleide instrumente” – ’n rekenkundige term vir pryse wat bereken word op grond van eksterne faktore.
Die bedrag van R9,5 miljard is die negatiewe waarde wat die kontrakte vir Eskom inhou oor die oorblywende looptyd van die kontrakte. Dit is dus eintlik net ’n boekinskrywing.
Eskom het egter in die jaar ’n bedryfsverlies van R3,2 miljard gely. Sake24 wil weet watter gedeelte van dié verlies te wyte is aan die verskaffing van elektrisiteit aan Hillside en Mozal asook wat die moontlike jaarlikse verliese in die toekoms gaan wees.
Dis volgens Sake24 in die openbare belang dat dit bekend gemaak word.
Volgens ou jaarverslae van Eskom lyk dit boonop asof sy blootstelling aan aluminiumpryse ná 2013 skerp gaan styg. Volgens sy 2003-jaarverslag beloop sy blootstelling aan dié metaal van 2004 tot 2012 116 880 ton per jaar. Van 2013 tot 2020 neem dit toe tot 200 978 ton per jaar.
Verlede jaar se boekwaardeverlies van R9,5 miljard kan dus met 72% styg indien dieselfde markomstandighede ná 2013 heers.
Die verweerders is Eskom, Billiton, Hillside Aluminium, ’n filiaal van Billiton, Motraco, ’n vennootskap tussen Eskom, die Mosambiekse regering en die Swazilandse elektrisiteitsmaatskappy, asook die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling.
Kliek hier om die volledige hofstukke te besigtig.

No comments:

Post a Comment