Monday, March 15, 2010

Plaasvrou koelbloedig vermoor KwaZulu- Natal







Plaasvrou koelbloedig vermoor



2010-03-15 15:34

Verwante skakels
Boer met kopskoot vermoor
Boer in Limpopo vermoor
ANC het dié boer se dood veroorsaak’
Durban – Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n soektog vir vier mans van stapel gestuur nadat die vrou van ’n boer Sondagaand in Colenso doodgeskiet is, het die polisie gesê.Die boer (70) is twee keer geskiet, maar hy het die voorval oorleef en sterk tans in die hospitaal aan, het supt. Jay Naicker gesê.“Die boer was besig om die koeie saam met sy werkers te melk toe hulle deur vier gewapende mans genader is. Die mans het geld geëis en sy vrou (64) is doodgeskiet,” het hy gesê.Naicker het gesê die aanvallers het niks gesteel nie.Die georganiseerde misdaadeenheid is tans besig om die voorval te ondersoek.Die Demokratiese Alliansie (DA) beskryf die voorval as 'n voorbeeld van intimidasie."Die sinnelose moord op ‘n bejaarde vrou en die aanval op haar man is net nog ‘n tragedie vir ons land,” het Tom Stokes, ’n lid van die DA in KwaZulu-Natal gesê.Hy het gesê die plaasmoorde is deur die sing van die struggle-liedjies aangehits wat die doodmaak van boere aanmoedig.Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-Afrikaners dood te maak”, het Sapa vroeër berig.- Sapa

1 comment:

  1. Malema blamed for farm attack
    2010-03-15 22:26


    Durban - Four men were detained on Monday in connection with the farm attack which left a farmer seriously wounded and his wife dead in Colenso on Sunday night.

    "Four men have been detained and they will be questioned by members of the Organised Crime Unit. They have not been charged," said Superintendent Jay Naicker.

    The farmer, 70, was shot twice but he survived and was hospitalised, said Naicker. The farmer’s wife was shot dead.

    "KwaZulu-Natal.

    The Freedom Front Plus was in the meantime preparing a report on farm murders and Malema's role in it. This will be given to the UN High Commissioner for Human Rights.

    "We will also investigate the possibility to lay charges against Malema at the International Criminal Court, or in the least make the court aware of a growing phenomenon of the victimisation of minorities and specifically the Afrikaner in South Africa," said Alberts.

    This, he said, could escalate to international crimes.


    - SAPA

    ReplyDelete