Sunday, March 14, 2010

Net een straat het nie slaggate


Net een straat het nie slaggate

2010-03-12 22:43


Past. Eben Eksteen kyk hoe diep twee van die slaggate by ’n Lichtenburgse kruising is.Foto: linda de Beer
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Linda de Beer
Inwoners van Lichtenburg kan net in een straat in hul dorp ry sonder om vir slaggate te koes. Dié straat is Danie Smuts­laan. Boonop is die meeste toegangsroetes en provinsiale deurpaaie in en buite die dorp al amper onbegaanbaar. Mnr. Lucas van Niekerk, baas van ’n motorhawe, het gesê hy verkoop weens die toestand van die omringende paaie (veral die pad tussen Koster en Lichtenburg) die laaste tyd 200?000 liter petrol minder per maand. Die Ditsobotla-munisipaliteit (Lichtenburg en Coligny) het aan Beeld gesê hy doen tans ’n “slaggat-oudit”.Die munisipaliteit onderneem om groot dele van strate reg te maak en ’n veldtog te begin om slaggate te vul, het mnr. Tshiamo Letlhogile, munisipale bestuurder, gesê. Groot maatskappye met belange in die dorp sal volgens hom daarmee help.Sakelui is ontevrede oor ’n voorgenome ontwikkeling op ’n stuk grond wat vroeër aan die munisipaliteit behoort het. Dit is in 2005 vir ’n appel en ’n ei aan ’n ontwikkelaar verkoop op voorwaarde dat hy binne twee jaar ’n private hospitaal, ’n sorgsentrum en 18 woon- en sake-eenhede oprig. Dié ontwikkeling het nooit plaasgevind nie, terwyl vrae ook gevra word oor die ontwikkelaar se voldoening aan die swart ekonomiese bemagtigingsvereistes.Dele van dié grond is intussen vir miljoene rande herverkoop. Letlhogile het gesê sedert vrae daaroor gevra is, het hy die munisipale raad gevra om ’n moratorium op enige verdere ontwikkeling op die grond te plaas. Die saak is voorts na die regsafdeling in me. Maureen Modiselle, premier van Noordwes, se kantoor verwys vir verdere ondersoek.Past. Eben Eksteen, ’n inwoner, het gesê inwoners sukkel om terugvoering op klagtes te kry. Die toestand van die rioolsuiweringswerke kwel hom veral. Hy meen die deel wat werk, is te klein om die hele Lichtenburg se rioolafval te hanteer.Letlhogile het bevestig ’n “nuwe fase” van sowat R7 miljoen wat die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit gefinansier het, is weens diefstal en vandalisme nooit in gebruik geneem nie. Die distriksmunisipaliteit is nou met ’n tweede fase besig, waarna die “hele projek” in gebruik geneem behoort te word.Eksteen het dié werk as geldmors beskryf. Dit sluit glo meer as R1 miljoen vir paaie in, terwyl Lichtenburg se ou rioolstelsel staan. Dié stelsel kan volgens hom vir minder geld weer aan die gang gekry word.Die munisipale rekeningstelsel is volgens inwoners en sakelui onbetroubaar. Mnr. Johnny de Melim, baas van ’n Spar-supermark, se kragrekening het skielik met R50 000 per maand gestyg, glo omdat die vorige maande se lesings net geskat was.Letlhogile het gesê lesings word geskat as meterlesers nie toegang tot ’n meter kan kry nie. ’n Nota met die rede hoekom die lesing nie gedoen is nie, word dan volgens hom vir die eienaar gelos. ( Beeld )

No comments:

Post a Comment