Sunday, March 21, 2010

Jacob wil komitee saamstel wat na Afrikaanses kyk











Jacob wil komitee hê wat na Afrikaanses kyk




2010-03-20 23:29


Carryn-Ann Nel
Pres. Jacob Zuma wil glo ’n komitee saamstel om na “Afrikaanse kwessies” te kyk.Dít blyk uit die vergadering wat die president onlangs met ’n klompie uitgesoekte Afrikaans­spre­ken­de gaste by sy Pretoriase ampswoning, Mahlamba Ndlopfu, gehad het.Zuma wil glo eersdaags ’n komitee – van wie die lede nog nie bekend is nie – aanstel om spesifiek na Afrikaanssprekendes se belange te kyk.Rapport het verlede week berig dat die onderwerpe onder bespreking by die dinee, waar sowat 30 gaste was, onder meer misdaad, Pretoria se naamsverandering en die moontlikheid van ’n Afrikaanse universiteit ingesluit het. Hoewel gaste nie wou uitwei oor die besprekingspunte nie, het Rapport vertroulik verneem die groep het ook gepraat het oor landbou, visserye en kerkgroepe wat gemarginaliseer word.Hoewel individue in hul persoonlike hoedanigheid genooi is en geen organisasie amptelik verteenwoordig is nie, is dit glo nie die eerste óf laaste vergadering van dié aard nie. Ander gesprekke met Afrikaanse gaste sal elk in sy eie konteks met belangegroepe gehou word.Onder die gaste was prof. Piet Strauss (moderator van die NG Kerk), Sean Else (liedjieskrywer), Victor Matfield (rugbyspeler), mnre. Frans de Klerk (bestuurshoof van die Orania-beweging) en Kallie Kriel (van Afri­forum), past. Isak Burger (van die Apostoliese Geloofsending) en mnr. Dan Roodt van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag). Zuma is by die dinee bygestaan deur mnr. Charles Nqakula, sy amptelike presidensiële adviseur en voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, en me. Liesl Göttert, sy (Zuma se) nie-amptelike raadgewer. Sy het kort voor die verkiesing verlede jaar ’n vergadering vir die ANC gereël waar lede van sowat 50 Afrikaanse organisasies in die Hilton-hotel in Sandton met Zuma in gesprek was. Göttert, wat nie dié week vir kommentaar beskikbaar was nie, was instrumenteel in Zuma se ontmoeting met arm Afrikaners in Pretoria-Wes in 2008.
- Rapport

No comments:

Post a Comment