Thursday, March 25, 2010

Polisieman in KZN doodgeskiet


Polisieman in KZN doodgeskiet

2010-03-25 02:22

Verwante skakels
Polisieman geskiet in Kaapstad
‘Dronk’ polisieman skel toe padvalk hom wou arresteer
Oud-polisieman steel glo R170K se beeste
Durban - 'n Polisieman is in sy motor doodgeskiet terwyl sy kollegas verdagtes in Umlazi in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem het.Supt. Vincent Mdunge het gesê die polisie het verdagtes opgespoor wat vir verskeie misdade gesoek word waarna die skietery omstreeks 23:30 Dinsdagaand uitgebreek het."Twee polisiemanne het na 'n huis gegaan en die verdagtes in hegtenis geneem. Die inspekteur het in die motor gewag. Die polisiemanne het later skote gehoor en uitgehardloop," het Mdunge gesê.Die inspekteur is in die bors geskiet en is op pad hospitaal toe dood.Niemand is vir die polisieman se moord in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.– Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: misdaad sapd moorde

No comments:

Post a Comment