Friday, March 19, 2010

Suid Afrika nou n " kleptorasie





























Suid Afrika nou ’n kleptokrasie2010-03-19 07:35

Verwante skakels
SA joernalis se vrylating onderhandel
Suiwelbedryf: 'Koop Suid-Afrikaans'
Ál meer kom terug en vestig ondernemings
Neels Jackson, BeeldJohannesburg - Die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach het sy eertydse struggle-genote beskuldig van kleptokrasie, oftewel regering deur diefstal.Hy het gedoen in ’n onderhoud wat Jenny Crwys-Williams van Talk Radio 702 tydens Breytenbach se onlangse besoek aan Suid-Afrika met hom gevoer het.Die onderhoud is Woensdag uitgesaai.Crwys-Williams het Breytenbach gevra of hy teleurgesteld is met sy eertydse struggle-kamerade.Sy antwoord was dat “teleurgesteld” nie die regte woord is nie.“Ek sou eerder sê “diep gewalg” (profoundly disgusted), eerlikwaar,” het Breytenbach geantwoord.Daarna het hy spontaan minute lank hierop voortborduur.Hy het vertel hoe mense in die verlede swaar gekry en opgeoffer het, maar tog die ideaal gehad het dat hul stryd tot menswaardigheid sou lei en dat hul leiers vir hulle sou sorg.“Maar nou sien ons dié miljoenêrs met hul motors. Ons sien die sekretaris-generaal van die SAKP wat dié ongelooflike motor vir homself gekry het. Goed, dis ’n staatsmotor, maar dit maak nie saak nie.“Is daar nie net ’n bietjie van ’n gevoel van fatsoenlikheid hier nie? Is daar nie eers iets daarvan dat ’n mens sê dis nie waarom mense my aan die bewind geplaas het nie?“Hoe kan mense daarmee saamleef? Hoe kan mense saamleef met wat nou geïnstitusionaliseerde kleptokrasie geword het?“Dis alles plundery. Jy gebruik die staat as ’n melkkoei,” het Breytenbach gesê.“Hoe kan ons saamleef daarmee dat elke dekselse minister ’n man of ’n vrou het wat aan die hoof is van soveel maatskappye wat almal hieruit voordeel trek?“Wat is dit? Die verdeling van die buit tussen die elite? Is dit waarvoor mense gesterf het?“En terwyl dit gebeur, word die armes armer.“Hierdie land word oorstroom deur uitwerpsels, letterlik, as ’n mens kyk wat gebeur met die water- en rioolstelsels.“Is dit waarvoor dit alles was? Jy weet, dis nie waar nie. Dis nie moontlik nie. Ons kan nie toelaat dat dit so is nie,” het hy gesê.- Beeld
Lees meer oor: breyten breytenbach

No comments:

Post a Comment