Wednesday, March 17, 2010

Taxi-geweld nou buite beheer







Taxi-geweld nou buite beheer



2010-03-17 14:59

Verwante skakels
Geen taxi's op die paaie
Agt sterf toe taxi rol
Taxi's in Soweto staak
Johannesburg - Taxi-geweld in Johannesburg is besig om heeltemal hand uit te ruk, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) Woensdag gesê.PhilipTaaibosch, die sekretaris-generaal van Santaco, het Woensdag gedurende ’n nuuskonferensie gesê die geweld spruit uit frustrasie dat die regering die industrie se rol in die land verontagsaam.Sowat 60 taxi-operateurs is sedert die naweek weens publieke geweld in hegtenis geneem.“Terwyl die hele Suid-Afrika se aandag nou op Johannesburg gevestig is en verdere kommer voor die 2010 Wêreldbeker die lig gesien het, doen ons ’n beroep op die stad Johannesburg om terug te staan want die gevolge van hulle aksies is besig om uit te kring na ander dele van die land.”Taaibosch het gesê die regering wat voortdurend versuim om saam te werk, gee aanleiding tot ‘n nasionale staking wat dreig om plaas te vind.“2010 word nie as ‘n platform gebruik nie. Ons ondersteun dit en sien uit daarna, maar indien dit gebeur dat die staking tot die Wêreldbeker voortduur, is dit nou maar so, maar dit word nie beplan nie.”Taaibosch het gesê die taxi-operateurs is baie bekommerd oor voortdurende intimidasie en ongelukkig met die "razzmatazz", lei die pendelaars daaronder."Dit is onregverdig. Dit is nie ’n polisiestaat nie. Dit lyk egter of ons een word,” het Santaco se uitvoerende lid in Johannesburg, Frans Mashishi gesê.Mashishi het gesê lede is ook ongelukkig oor die feit dat hulle nie by enige vervoer-aktiwiteite met betrekking tot die Wêreldbeker ingesluit is nie.-Sapa

No comments:

Post a Comment