Thursday, March 25, 2010

Bejaarde ernstig beseer in wrede plaasaanval




Bejaarde ernstig beseer in wrede plaasaanval


op 22010-03-24 22:36
Buks Viljoen
Nelspruit. – ’n Bejaarde vrou van die omgewing is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal nadat sy en haar lewensmaat eergisternag wreedaardig op hul plaas aangeval is.Mev. Tina Muller (82) het ernstige hoofbeserings in die middernagtelike aanval opgedoen. Mnr. Steward Jonker (81), ’n eien­domsagent, is ook ernstig beseer.Volgens mnr. Dave Fourie van J&M Sekuriteit is die paartjie waarskynlik deur die nag in hul huis op die Ooswes-boerdery in die Sterkspruit-omgewing aangeval. “Ek ken mnr. Jonker al bykans 12 jaar, maar sy gesig was so geswel ná die aanranding, ek het hom nie eens onmiddellik herken nie,” het Fourie gister gesê.Die aanvallers, vermoedelik drie van hulle, het die plaasopstal se glasvoordeur omstreeks 02:00 stukkend geslaan. ’n Sloop met klippe daarin is later buite die huis gekry. Dis onduidelik of die paartjie daarmee aangerand is.’n Plaaswerker wat onraad vermoed het, het die erg beseerde paartjie gisteroggend omstreeks 07:30 in die sitkamer ontdek. Hulle het met vasgebinde hande langs mekaar gelê.Muller het ernstige hoofbeserings en ’n gebreekte kakebeen opgedoen. ’n Noodoperasie is gister by die Nelspruit Medi-Clinic op haar gedoen.Jonker is in die Rob Ferreira- provinsiale hospitaal in Nelspruit opgeneem, maar gistermiddag reeds ontslaan. Sy bakkie en twee selfone is gesteel.

No comments:

Post a Comment