Sunday, March 21, 2010

Boer van Noordwes deur slaapkamerdeur doodgeskiet




Boer van Noordwes deur slaapkamerdeur doodgeskiet


2010-03-20 23:29


Mnr. Koos van Staden en sy vrou, Heleen.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Carien Kruger
’n 60-jarige boer van Brits in Noordwes is vroeg gisteroggend dood nadat hy in sy huis geskiet is.Mnr. Koos van Staden, ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik, is op pad na ’n hospitaal dood.Volgens mnr. Kobus van der Walt, ’n buurman en vriend, het Van Staden en sy vrou, Heleen (57), Vrydagaand buite met vriende sit en kuier. Die honde het in ’n sta­dium geblaf, maar hulle kon niks sien nie. Die gaste het omstreeks 23:30 gery, waarna die Van Stadens gaan slaap het.Hul alarm het om 00:30 afgegaan, en toe mev. Van Staden na die alarm-toetspaneel by die kamerdeur loop, het inbrekers die deur uit die kosyn begin skop. Sy het die deur teruggedruk en haar man het opgespring om te gaan help.Volgens Van der Walt is mnr. Van Staden deur die slaapkamerdeur geskiet toe hy vir sy vrou gesê het om sy wapen in die kas te kry. Van Staden het teruggeskiet, waarna die rowers gevlug het.Familie en vriende het na die plaas gejaag en sy seun, Christiaan, het hom gekry waar hy op sy bed gesit het. Hy het gesê hy kan self loop, maar het ná drie treë inmekaargesak. Hulle het met hom Brits toe gejaag, waar hy dood verklaar is.Volgens Van der Walt is mev. Van Staden nie beseer nie, maar “sy is stukkend” oor haar man se dood.Niks is uit die huis gesteel nie.Sr.supt. Lesego Metsi, provin­siale polisiewoordvoerder, sê ’n moordsaak word ondersoek.Een van die Van Stadens se honde is vergiftig, maar ’n tweede het oorleef. Volgens Metsi is daar nie tekens van gedwonge toegang nie.Van der Walt sê daar is baie misdaadvoorvalle. Boewe het ses maande gelede by hom probeer inbreek en mnr. Brink Botha, ook ’n boer, is in November 2008 vermoor. “As die regering nie eens teen (mnr. Julius) Malema optree nie, hoe sal hulle teen misdadigers optree?” vra hy. Van Staden laat sy vrou, drie seuns, twee skoondogters en drie kleinkinders agter.
- Rapport

No comments:

Post a Comment