Sunday, March 21, 2010

Moderne slawerny in Suid Afrika




Moderne slawerny in SA


2010-03-20 23:29


'n Media24-joernalis (in die wit hemp) stap weg van ’n ontmoeting met 'n mensehandelaar in ’n kroeg in Maputo nadat hy ’n sein aan wagtende polisielede gegee het.


(Foto: Julian Rademeyer)
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jacques Pauw
Honderde vroue is al sedert 2004 na Suid-Afrika gelok met vals beloftes van werk in onder meer restaurante, net om dan op ’n gewelddadige wyse in die hel van seksslawerny gedwing te word. Drie lede van ’n mensehandel-sindikaat wat deur Media24 se ondersoekspan geïnfiltreer is, is verlede week in Maputo vasgetrek nadat ons inligting aan die Mosambiekse polisie gegee het.Die Mosambiekse sindikaat se tentakels strek tot in China. Tot 40 meisies, sommige so jonk as 16 jaar, word maandeliks na Suid-Afrika gesmokkel. Die bende se aktiwiteite het mensehandel belig; ’n verborge misdaad wat jaarliks duisende vroue en meisies in seksslawerny indwing. Vroue word van oor die hele Afrika, Asië en Oos-Europa hierheen gesmokkel en beland in van die smerigste bordele in Suid-Afrika.Geen wet bestaan in SA om mensehandel te beveg nie.Die vrees bestaan dat mensehandel gaan toeneem in die aanloop tot die Wêreldbeker-sokkertoernooi. En tog tel Suid-Afrika onder die enkele lande in in Suider-Afrika wat nie behoorlike wetgewing teen mensehandel het nie. Wetgewing oor mensehandel is verlede week in die parlement ter tafel gelê, maar dit sal waarskynlik langer as ’n jaar duur voordat dit wet word. Die regering werk al agt jaar hieraan, terwyl Mosambiek, Zambië en Malawi dit reeds het. Intussen moet die staat klousules van ander wette gebruik om die handel in mense te beveg. Daar is geen toegewyde taakmag om dit te ondersoek nie. Ons ondersoek wys mensehandel-sindikate vrees nie vervolging in Suid-Afrika nie.Media24 se ondersoek het vier weke gelede in Johannesburg begin toe ons joernalis, wat homself as ’n bordeel-eienaar voorgedoen het, navraag gedoen het om jong Mosambiekse prostitute te koop.Ons is voorgestel aan ’n Johannesburgse meeloper van die Mosambiekse sindikaat. Hy sê hy het sedert 2004 die bende gehelp om tientalle vroue en meisies na bordele en klubs in Randburg en Johannesburg te bring. “Sommige is so jonk as 16,” vertel hy.“Daar word vir hulle in Mosambiek gesê hulle gaan kelnerinne wees. Maar wanneer hulle hier aankom, vertel die bende­lede hulle dat hulle hoere gaan word. As hulle weier, word hulle geslaan en selfs verkrag.”Media24 se joernalis is saam met die meeloper na Maputo, waar ons voorgestel is aan vier sindikaatlede en ons gesprekke met hulle op band vasgelê het. Een van die bendelede, Umberto Quive, is ’n bankamp­tenaar in Maputo. Hy stuur foto’s van die gewerfde vroue via die internet aan voornemende kliën­te in Suid-Afrika. ‘Vriendelike polisiemanne’ help smokkelaarsDie sindikaat bestaan glo uit omtrent 15 Mosambiekers: die “vervoerders” (hulle karwei die vroue); “werwers” (van hulle is vroue), “skoonmakers” (hulle koop die polisie om en ry vooruit om padversperrings te soek); en “bewaarders” (hulle pas die vroue op en dwing hulle om in te stem tot prostitusie). Die hoof van die sindikaat is ’n Mosambiekse sakeman met die naam Jethule. Ons het ’n vergadering met hom aangevra, maar die sindikaatlede het gesê ons moet eers vroue koop en dan sal hy ons sien.Nando Matsingi woon in Rosettenville, Johannesburg, en is die hoof-vervoerder van die sindikaat. Hy reis weekliks na en van Maputo met sy Isuzu-bakkie om vroue en meisies te gaan haal. Hy sê “vriendelike” polisiemanne help hom om die vroue deur die Lebombo-grenspos te smokkel. José “Michini” Machava en Antonio “Tony” Tavela is werwers en bewaarders. Ons wou van hulle weet of hulle ook minder­jarige meisies aan die bordele verskaf. Hulle het dit op band bevestig.Nadat ons talle dae saam met die sindikaat deurgebring het, het hulle ingestem om ons na die vroue te neem wat te koop was. Media24 se ondersoekspan het twee weke gelede ’n vervalle woonstel in Maputo se middestad binnegegaan waar die Mosambiekse vroue, glo almal 18 jaar oud, te koop aangebied is teen R5 000 elk.Palmiera, Alice en Maria wat deur twee ouer vroue opgepas is, is aangesê om hul beste klere aan te trek. Ons is daarna toegelaat om foto’s van hulle te neem. Hulle was opgewek en onder die indruk dat hulle as kelnerinne in Suid-Afrika gaan werk. ‘Praat’ beteken verkragtingDie sindikaatlede het gesê die R5 000 per vrou sluit hul vervoer na Johannesburg in, asook hul “voorbereiding” vir prostitusie. Hulle het ons verseker die vroue sal gereed wees om te werk sodra hulle afgelaai word.“As hulle eers in Suid-Afrika is, sê ons reguit vir hulle,” het Tavela gesê. “Julle sal geen probleme hê nadat ons met hulle gepraat het nie.”Ons ondersoek het getoon dat “praat” dikwels verkragting insluit. Die meisies word na “veilige” huise in Johannesburg gebring waar hul paspoorte, dokumente en geld gekonfiskeer word. Dan word aan hulle gesê hulle gaan in bordele werk. As hulle weier, word hulle aangerand en selfs verkrag. Dan eers word hul na die bordele geneem. Die volgende dag is ons na ’n vervalle huis in die Matola-woonbuurt net buite Maputo geneem. Daar was ses Chinese vroue wat op vragskepe van China na Beira in Sentraal-Mosambiek gebring is. Van daar af is hulle na Maputo gebring, waar Chinese lede van die sindikaat na hulle gekyk het.Vier van die Chinese vroue was reeds verkoop. Twee van hulle – die een glo 19 en die ander glo 20 jaar oud – was beskikbaar teen R10 000 elk. Dié vroue, het die sindikaat beweer, weet wat in Suid-Afrika op hulle wag. “Hulle is tevrede om dit te doen,” het Tavela gesê. Lokval in ’n taverne Media24 se joernalis het ingestem om twee Mosambiekse en twee Chinese vroue te koop. Ons het die sindikaat gevra om hulle in Maputo te hou totdat ons kon terugkeer om vir hulle vervoer te reël na ons fiktiewe Johannesburgse bordeel. Ons het Dinsdag weer vir Tavela, Machava en Matsingi ontmoet, net om te hoor drie van die vroue wat aan ons gewys is, is reeds Johannesburg toe geneem en die vierde na Durban. Die smokkelaars het gesê hulle kan binne ’n paar dae weer Mosambiekse vroue en meisies werf en dat twee Chinese vroue Sateroggend in Mosambiek sal aankom. Hulle was nog te koop en kon teen Sondag in Johannesburg wees. Ons het intussen kontak gemaak met die Mosambiekse minister van binnelandse sake, onder wie se gesag die polisie val. Ons het inligting oor die sindikaat aan hom gegee en ook Dinsdag ’n top-amptenaar in die ministerie ontmoet.Ons het Woensdag nog ’n ontmoeting met die sindikaat in ’n kroeg in Maputo gereël. ’n Klandestiene polisiespan het toegeslaan en Tavela, Machava en Matsingi in hegtenis geneem. Die Mosambiekse polisie het ’n uitgebreide ondersoek begin en nog inhegtenisnemings word verwag. Palmiera (18) is ook deur die polisie weggeneem vir ondervraging. Die president van die Suider-Afrikaanse Netwerk teen die Smokkelhandel van Kinders, dr. Abdul Carimo Issa, sê sedert Mosambiek in 2008 sy mensehandel-wetgewing aanvaar het, is nog nie een smokkelaar skuldig bevind nie. Hy sê een probleem is dat Suid-Afrika nie wetgewing het nie, en dat Mosambiekse mensehandelaars wat hier gevang word, bloot gedeporteer word. Issa twyfel nie dat mensehandel gaan toeneem weens die groter aanvraag tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie.Kyk hieronder na 'n video van een van die ontmoetings– Lees ook onderhoude met mensehandelaars: Onderhoud 1; Onderhoud 2.
- Rapport

2 comments:

  1. Zuma se tuisdorp gaan kondoom-mekka word
    2010-03-21 08:12

    Verwante skakels
    ACDP: Zuma kort seksterapie, nes Tiger
    ‘Hulle het nog nooit kondome gesien’
    Zuma het glo 20ste kind
    Loyiso Sidimba
    Johannesburg - Msholozi, soos pres. Jacob Zuma in sy tuisdorp, Nkandla, bekend staan, het hom wêreldwyd kritiek op die lyf geloop omdat hy soms nie veilige seks beoefen nie.

    Zuma se skynbare renons in kondome is ontbloot tydens sy onsuksesvolle vervolging weens beweerde verkragting in 2006 – toe hy toegegee het dat hy onbeskermde seks met die klaer gehad het hoewel hy geweet het sy is MIV-positief.

    En onlangs is die poligamiese president se erns met veilige seks weer bevraagteken toe dit onthul is dat hy ’n buite-egtelike kind by die dogter van die sakemagnaat Irvin Khoza se dogter Sonono verwek het. Zuma het sover bekend minstens 20 kinders.

    In die afgeleë Nkandla-distrik in die bergagtige noorde van Kwa­Zulu-Natal word Zuma se vrugbaarheid allerweë as bewys van sy manlikheid beskou.

    Maar nou lyk dit of kondome Nkandla uit sy landelike armoede kan laat opstaan…

    ’n Kondoomfabriek gaan in KwaNxamalala in die Nkandla-distrik opgerig word, het mnr. Law­rence Mavundla, die president van die National Federated Chamber of Commerce (Nafcoc), Woensdag aangekondig. Sowat R7 miljoen sal in die fabriek ingepomp word.

    Mavundla het op die ontwikkelingsberaad van die Independent Development Trust in KwaNxamalala gesê die projek sal in samewerking met plaaslike sakeondernemings gedryf word.

    “Suid-Afrika het werksgeleenthede nodig en MIV/vigs versprei baie vinnig omdat mense nie kondome kry nie.”

    Die plaaslike ontwikkelingsforum, waarvan Zuma se jonger broer ’n lid is, is ook deel van die projek.

    Mavundla – ook ’n boorling van Nkandla – meen die kondoomfabriek kan sowat 500 nuwe werksgeleenthede baar.

    Volgens hom sal geld uit onder meer Amerika, Kenia en Botswana in die kondoomfabriek gestort word.

    Vir die inwoners van Nkandla was die koms van die fabriek blye nuus. Mnr. Enoch Mthiyane (27) sê hy het selde werk en is opgewonde.

    Hy kla ook dat die plaaslike kliniek soms nie kondome het nie.

    Volgens mnr. Sibusiso Mkhize (21) sal die beoogde fabriek die jeug van die distrik aanmoedig om kondome te gebruik.


    - Rapport

    ReplyDelete
  2. DA: Border security ineffective

    Related Links
    Cops take food at Zim border
    SA won't tighten border controls

    Bloemfontein - Security along South Africa's border with Lesotho is ineffective and citizens are forced to look after the safety of their own communities, the Democratic Alliance said on Monday.

    DA shadow minister of defence and military veterans, David Maynier and his deputy James Lorimer visited the border near Golden Gate, Clarens and Fouriesburg in the eastern Free State on Sunday.

    Maynier said the border was wide open, making residents in the areas vulnerable to transnational crime, especially stock theft.

    "We found that the borderline fence does not, for all practical purposes exist, with large parts of the fence and many fence poles having been stolen," he said in a statement.

    No fence

    Clarens farmer Brad Goldblatt said for the past 10 years there had not been a fence on the border near Beginsel.

    "There is no border. It's in disrepair and nobody does any maintenance."

    He said it also seemed that nobody knew who was responsible for the maintenance of the fence.

    Goldblatt said the local community worked closely with border police units on cross border crime.

    "With the situation regarding the fence we have no choice."

    Maynier said the situation was worsened because there were too few border police.

    "The police stock theft unit is also ineffective, the unit has three police officers with 13 vacant posts."

    Not just Lesotho border

    He said residents' associations were therefore forced to spend hundreds of thousands of rands each year on security.

    The situation was not restricted to the Lesotho border.

    "South Africa's 4 862km landward border is protected by just 684 police officers, which is the equivalent of deploying approximately one police officer every seven kilometres of landward border," said Maynier.

    The DA wants the South African National Defence Force to be in charge of protecting the country's borders again.

    - SAPA
    2009

    ReplyDelete