Friday, March 19, 2010

Koos van der Merwe IVP - hoofsweep ,weier hospitaal se Engelse toelating











Koos weier hospitaal se Engelse toelating2010-03-19 07:32

e-pos artikel
Verwante skakels
Vierde fietsryer sterf in hospitaal
Pasiënte verras toe Zuma hospitaal besoek
Hospitaal gee kind pap, niks medisyne
Antoinette Pienaar, Die BurgerPretoria - Koos van der Merwe, IVP-hoofsweep, weier om by die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria-Oos opgeneem te word vir ’n heupvervangingsoperasie omdat die hospitaal se opnamevorms net in Engels beskikbaar is.Van der Merwe is die laaste paar dae in ’n argument met die hospitaal betrokke omdat hy meen sy taalregte word ontken.Hy het het reeds die mediese toetse vir die operasie ondergaan en sou vandag opgeneem en Maandag geopereer word. Sy dokter opereer glo net by die Wilgers.“Ek het ’n Afrikaanse vorm geëis, maar hulle het gesê hulle kan my slegs opneem as ek die Engelse een onderteken.“Dit is glo ’n besluit van Life se hoofkantoor. Ek het geweier om dit te onderteken.“Ek voel verneder omdat ek as Afrikaner wat siek is en in pyn verkeer nie in die taal van my keuse opgeneem kan word nie,” het Van der Merwe gesê.AfriForum het intussen ’n brief oor die kwessie aan die Life-groep geskryf waarin hy dreig om Life by taalrade aan te gee.AfriForum meen die hospitaal is in ’n Afrikaanse gemeenskap geleë en behoort mense in Afrikaans te help.Marietjie Shelly, kommunikasiebestuurder van Life, het Donderdag bevestig die vorms is slegs in Engels beskikbaar, maar dat daar geen wetlike plig is om dit in alle landstale beskikbaar te stel nie.“Desnieteenstaande het ons groep ’n paar maande gelede met ’n proses begin om hierdie vorm nie net in Afrikaans nie, maar ook in Zoeloe, Xhosa en Tswana aan pasiënte beskikbaar te stel.”Die proses sal binne ’n paar maande afgehandel sal wees.Shelly het gesê Life hoop dat Van der Merwe sal besluit om tog sy prosedure by die Wilgers te laat doen.Van der Merwe het in reaksie gesê hy sal intussen die vorm self laat vertaal en aan die hospitaal aanbied.- Die Burger
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: tale hospitaal

No comments:

Post a Comment