Saturday, March 20, 2010

Julius dreig jeuggroep











Julius dreig jeuggroep
2010-03-19 22:49
Die sangeres Sunette Bridges het gister protesgangers by die Mary Fitzgeraldplein toegespreek. Die groep het vergader uit protes teen mnr. Julius Malema se “Kill the Boer”-uitsprake. ’n AfriForum Jeug-afvaardiging het daarna ’n memorandum en die name
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Pieter-Louis Myburgh
ANC-amptenare het gister bladsye met die name van 1 600 slagoffers van plaasaanvalle verskeur, dit in die straat gegooi en daarop getrap.Mnr. Ernst Roets, leier van AfriForum Jeug, mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en die sangers Steve Hofmeyr, Sean Else en Gerrie Pretorius het die name met die slagoffers na Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, gevat.Polisielede het die groep toegang tot die gebou geweier.Die groep sou aanvanklik ’n optog vanaf Mary Fitzgeraldplein tot by Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad lei. Daarna sou hulle die lys met die slagoffers se name en ’n memorandum aan mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, oorhandig.In die memorandum word kapsie gemaak oor Malema se onlangse “Kill the Boer”-uitsprake.Malema en Roets het eergister vergader om te gesels oor die oorhandiging van die dokumente en die optog.Malema het glo op die vergadering daarop aangedring dat AfriForum Jeug ’n klag van haatspraak wat hulle teen hom ingestel het oor die “Kill the Boer”-slagspreuk terugtrek.AfriForum het geweier. Malema het daarop glo toestemming tot die optog na Luthuli-huis geweier en sy voornemens om die memorandum in ontvangs te neem, onttrek. “As julle môre by Luthuli-huis protesteer, gaan dit wat met die IVP (in 1994 by Shell-huis) gebeur het, homself herhaal,” het Malema daarna na bewering in sy kantoor aan Roets en drie ander AfriForum-jeuglede gesê.Dit is ’n verwysing na die Shell House-slagting, toe 19 mense in 1994 gesterf het nadat veiligheidswagte van die ANC losgebrand het op ’n groep optoggangers van die IVP.Toe Roets by Malema wou weet wat hy hiermee bedoel, het Malema glo gesê AfriForum moet “kom en dan kyk ons wat gebeur.”AfriForum het in reaksie hierop besluit om voort te gaan met die vergadering by Mary Fitzgeraldplein. Sowat 100 optoggangers, wat ’n aantal naasbestaandes van plaasmoordslagoffers ingesluit het, het gister “Stop Malema”-plakkate op die plein geswaai. “Hierdie is nie ’n kleuterskool waar jy cowboys en crooks speel nie, hier gaan regte mense dood as jy súlke uitsprake maak,” het Kriel by die byeenkoms oor Malema se uitlatings gesê. Ná die byeenkoms het ’n kerngroep van AfriForum na Luthuli-huis gegaan om die memorandum te oorhandig. By hul aankoms is hulle deur die polisie toegang geweier tot die gebou. ANC-amptenare het die memorandum saam met die lyste met name opgeskeur en vertrap.Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het gister ontken dat daar eergister ’n vergadering tussen Malema en Roets plaasgevind het. Volgens hom het Malema ook nie ooreengekom om enige dokumente van AfriForum Jeug te ontvang nie. “Daar was Donderdag geen amptelike vergadering nie. Daai man (Roets) jok. Hy is ’n leuenaar.” Shivambu het egter self eergister se vergadering in ’n SMS – wat Beeld gesien het - aan Roets bevestig. Drie lede van AfriForum Jeug het bevestig hulle was eergister saam met Roets in Malema se kantoor. Hulle het ook bevestig dat hulle die intekenvorm by Luthuli-huis ingevul het.
( Beeld )
ANC: 'Malema se lewe in gevaar'
2010-03-20 06:40
Verwante skakels
ANCYL vertrap AfriForum-memorandum
Boer wag dat Malema hom skiet
VF+ loods veldtog teen Malema
Lizel Steenkamp, Die BurgerKaapstad - Die ANC gaan die VF+ by die gelykheidshof verkla omdat sy “Vervolg Malema”-veldtog regses opsweep om plaasmoorde op die berugte jeugliga-leier te wreek.Jackson Mthembu, die regerende party se nasionale woordvoerder, het Vrydag ook gesê die veldtog stel Julius Malema se lewe in gevaar en dat dit selfs tot sy “teregstelling” kan lei.Die ANC het besluit om Malema onder sy vlerk te neem nadat hy die struggle-lied “Kill the Boer” onlangs by politieke byeenkomste gesing en dit groot woede uitgelok het.Minstens twee veldtogte – “Stop Malema” van AfriForum en “Vervolg Malema” van die VF+ – is sedertdien op die internet begin.Die VF+ se veldtog, wat in die vorm van ’n polisiedossier aangebied word, beskuldig Malema van “haatspraak teen Afrikaners, minderhede en blankes”. Volgens die party skep Malema ook ’n “atmosfeer waarin misdaad, plaasmoorde en vrees gedy”.Ondersteuners word voorts versoek om ’n protesbrief te onderteken waarin pres. Jacob Zuma gevra word om Malema as president van die ANC-jeugliga af te dank.Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, was Vrydag stomgeslaan oor die ANC se besluit om hulle gelykheidshof toe te sleep.“Ons wil Malema nie dood hê nie, anders as die lied wat hý sing dat ‘Boere doodgeskiet’ moet word.”Volgens Mulder het die ANC nie begrip vir die emosies wat die lied by wit mense uitlok nie en het die party ook geen idee wat haatspraak is nie. Hy het só ’n klag vroeër die week by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria teen Malema aanhangig gemaak.Mthembu het egter volgehou die VF+ voer ’n persoonlike veldtog teen Malema en dat hy “beswadder” en “geïsoleer” word. Ook dat die VF+ ’n gunstige omgewing skep vir “waansinnige verregses” om Malema aan te val.“Ons sal hulle (die VF+) verantwoordelik hou (as iets met Malema gebeur),” het Mthembu gewaarsku. “Hulle verbind hom (Malema) met plaasmoorde. Dis belaglik. Wie weet watter verregses wag om wraak te neem?”Volgens Mthembu het geen hof die “Kill the Boer”-lied onwettig verklaar nie.“Vir ons (die ANC) is dit teen die stelsel van apartheid gemik. Daai lied is nie deur Malema uitgedink nie. En wie ook al ’n probleem daarmee (die lied) het, het ’n probleem met die struggle.”Hofdokumente sal vroeg volgende week op die VF+ beteken word.- Die Burger
Lees meer oor: julius malema

No comments:

Post a Comment