Monday, March 22, 2010

Polisielid skiet vlugtende rowers dood


Polisielid skiet vlugtende rowers dood

2010-03-21 22:18
Korte mette . . . Polisiebeamptes ondersoek gister die Mercedes-Benz waarin ’n bende rowers aan die KwaZulu-Natalse suidkus probeer wegkom het toe ’n konstabel twee van hulle doodgeskiet het. Foto: Verskaf
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Dries Liebenberg
Durban. – ’n Twintigjarige konstabel wat toevallig van ’n rooftog by ’n winkel aan die Kwa-Zulu-Natalse suidkus te hore gekom het, het gister twee gewapende rowers van ’n bende van vyf doodgeskiet toe hy hulle agternagesit het.Ná ’n grootskeepse soektog wat daarna deur polisiebeamptes van die omgewing, boere en ’n plaaswag op tou gesit is, was nog twee bendelede teen gistermiddag in hegtenis.Daar word vermoed die bende was verantwoordelik vir verskeie gewapende rooftogte aan die suidkus.Volgens supt. Zandra Wiid, polisiewoordvoerder, het drie bendelede gisteroggend omstreeks 08:00 die eienaar enpersoneel van ABC Store by Boboyi buite Port Shepstone met ’n pistool en haelgeweer aangehou.Die rowers het sigarette, geld en selfoon-lugtydkaarte gegryp en weggejaag in ’n Mercedes-Benz waarin twee makkers buite die winkel vir hulle gesit en wag het.Die verbygaande konstabel van Durban, wie se naam nie deur die polisie bekend gemaak is nie, het by iemand van die omgewing van die rooftog gehoor en het die Mercedes-Benz in sy ongemerkte voertuig in die rigting van Paddock agternagesit.Net buite Paddock het die konstabel, wat in burgerdrag gekleed was, maar aan diens was, ’n patrollievoertuig agter hom opgemerk.Die volgende oomblik het hy gesien die rowers mik met ’n geweer na hom.Volgens Wiid het die konstabel met ’n R5-aanvalsgeweer op die Mercedes-Benz losgebrand. Die Mercedes-Benz het die pad verlaat en die paal van ’n padteken stukkend gejaag voordat dit teen ’n boom gebots het.Die konstabel het twee bendelede doodgeskiet.’n Derde verdagte is by die motor aangekeer terwyl sy twee ander makkers in suikerrietlande verdwyn het.Een van die voortvlugtiges is omstreeks 15:00 in die veld aangekeer.’n Haelgeweer en van die goed wat die rowers gebuit het, is by die motor gevind.

No comments:

Post a Comment