Monday, March 29, 2010

Steve Hofmeyr kyk rower in oë....




Steve kyk rower in oë


2010-03-29 21:45

Magdel Fourie
Die sanger Steve Hofmeyr het eergisteraand vanuit sy motor in die deurrit van ’n KFC gesit en aanskou hoe ’n rowerbende dié kitskosrestaurant in Kayalami met ’n AK47-aanvalsgeweer beroof.“Die een ou het 2 m van my af gestaan en my in die oë gekyk. Ek sê toe net vir my kinders om plat op die agtersitplek te gaan lê,” het hy gister aan Beeld vertel.Hy, sy vriendin me. Suné Meyer en sy twee seuns by die aktrise Natasha Sutherland, Sebastian (8) en Benjamin (6), het dié aand pas vir hul bestelling in die KFC-deurrit by die Kayalami-sakepark (Business Park) betaal, toe Hofmeyr die ses rowers by die restaurant sien inbars.Een het ’n AK47 by hom gehad.Hulle het toe glo die klante en KFC-werknemers beveel om op die grond te lê en die vuurwapens teen hul koppe gehou.Supt. Steven Moodley, kommissaris van die Midrand-polisiekantoor, het gesê benewens die AK47, was die ander vyf rowers met pistole gewapen.“Ek het dadelik vir die meisies jammer gevoel, hulle was skoon bleek geskrik,” het Hofmeyr vertel.Toe Hofmeyr deur die venster kyk, het hy reg in die oë van een van die rowers gekyk.In doodse stilte, sonder ’n enkele woord of ’n skoot, het die rowers daarna die kasregisters en die kluis leeggemaak.Toe hulle daarna in ’n wit Bantam-bakkie buite die KFC spring en wegry, het Hofmeyr dadelik agterna gery.Die bakkie was sonder nommerplate.“Ek het vir sowat 3 km op ’n veilige afstand agter hulle gebly en gehoop ek sien polisie langs die pad. Maar iewers het ek net besef ek kan niks doen nie.”Nadat hy die polisie se noodnommer gebel het, is hy weer huiswaarts.“My kinders het nogtans maar slég geslaap gisteraand.”Moodley het gesê ’n saak van sakeroof word ondersoek.

No comments:

Post a Comment