Tuesday, March 16, 2010

Nog twee vas vir plaasmoord




Nóg twee vas vir plaasmoord


2010-03-16 12:22

Verwante skakels
Boer met kopskoot vermoor
Vier vas vir Colenso-plaasmoord
Plaasvrou koelbloedig vermoor
Durban - ’n Verdere twee verdagtes is Maandag in verband met die aanval op ’n boer en die moord op sy vrou in Colenso in hegtenis geneem, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.Die twee verdagtes het glo die boer se vuurwapen in hulle besit gehad, wat na bewering gedurende die plaasaanval gesteel is, het sup. Jay Naicker gesê.Die boer, Nigel Ralfe (70), is Sondagaand twee keer deur die aanvallers geskiet. Hy het die voorval oorleef, terwyl sy vrou Lynette (68) vermoor is.Luidens ’n verklaring wat Maandag deur die Demokratiese Alliansie (DA) uitgereik is, is daar aanvanklik vier verdagtes in verband met die aanval vasgetrek.Naicker het Dinsdag egter bevestig dat daar inderwaarheid ses verdagtes in hegtenis geneem is.Die verdagtes is Maandag vir ondervraging in hegtenis geneem, waarvan vier later ontslaan is.“Hulle is nog nie aangekla nie, maar hulle sal binnekort aangekla word, omdat die vuurwapen hulle aan die moord verbind,” het hy gesê.-Sapa
Lees meer oor: plaasmoorde

No comments:

Post a Comment