Monday, March 15, 2010

Snelbusdiens vandag uitgebrei,al tref skote Vrydag een hier !


Snelbusdiens vandag uitgebrei, al tref skote Vrydag een hiér

2010-03-14 22:31

Carina van Wyk
Die uitbreiding van die Rea Vaya (BRT)-snelbusdiensroetes in Johannesburg gaan voort, ten spyte van ’n voorval Vrydagaand waar in Soweto op ’n Rea Vaya-bus geskiet is. Me. Rehana Moosajee, burgemeesterskomiteelid oor vervoer, het gister gesê die uitbreiding om fase 1A te voltooi gaan vandag voort. Dit sluit in ’n nuwe diens wat regstreeks van Dobsonville, Soweto, na die Johannesburgse middestad en die Ellispark-stasie loop en ekstra toevoerdienste na die Thokoza Park-, Lake View- en Boomtown-stasie. Derduisende pendelaars was Vrydag gestrand toe minibustaxibestuurders van die verenigde forum vir taxiverenigings (Utaf) niemand vervoer het nie uit protes teen die uitbreiding.Mnr. Ralph Jones, Utaf-woordvoerder, het toe aan Beeld gesê die wegbly-aksie gaan vandag voort omdat hulle glo weens die busdiens van hul roetes en hul inkomste moet afstaan. Moosajee het gesê Metrorail en ander openbare-vervoer-operateurs gaan vandag ekstra dienste verskaf. Kapt. Katlego Mogale, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n sedan met vier insittendes het Vrydag tussen 20:30 en 21:00 in Klipspruit Valley-weg in Soweto verby ’n Rea Vaya-bus gery en op die bus geskiet. Die busbestuurder het dadelik na die Orlando-polisiekantoor gery.

No comments:

Post a Comment