Saturday, March 20, 2010

Bly by met ritboek vir belsatingeis


Bly by met ritboek vir belastingeis

2010/03/20

10:17:00 AM


Mar 20 2010 10:17
Baie verbruikers het ná die onlangse resessie minder versekeringsdekking as wat hulle dink en loop die gevaar dat ’n eis afgekeur of net gedeeltelik betaal kan word.
Bly by met ritboek vir belastingeis

Mar 20 2010 10:17
Belastingbetalers sal vanjaar vir die eerste keer groot erns moet maak met die akkuraatheid van ritboeke om vir reisuitgawes vir belastingdoeleindes te kan eis.
Dink nuut oor 60 as aftree-ouderdom

Mar 20 2010 10:17
Daar is al baie gepraat oor die nodigheid om vroegtydig vir aftrede voorsiening te maak.

Pretoria. - Belastingbetalers sal vanjaar vir die eerste keer groot erns moet maak met die akkuraatheid van ritboeke om vir reisuitgawes vir belastingdoeleindes te kan eis.
Die geagte-kilometerstelsel is gestaak en motoriste wat ?eise indien vir sakereise met hul eie voertuig, sal ’n volledige ritboek moet hou.
Diegene met ’n motortoelae moes op 1 Maart vanjaar hul odometerlesing geneem het en moet dan weer op die laaste dag van Februarie aanstaande jaar ’n lesing neem.
Die opening- en sluitings?lesings gee die belastingbetaler die totale kilometerafstand wat deur die jaar afgelê is.
Die eerste stap is om te bepaal watter reise vir werk en watter vir private gebruik was.
Die reise tussen die persoon se huis en sy werkplek word as private reise beskou en die belastingbetaler kan nie daarvoor eis nie.
Daar is twee maniere om die bedrag wat geëis kan word, te bereken.
Die eerste is deur die kostetabel te gebruik wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) elke jaar voorsien. Dit is deel van die ritboek wat op die SAID se webwerf beskikbaar is.
Die ander manier is om die eis op grond van werklike koste te bereken. Hiervoor sal deeglik opgawes gehou moet word. Dit sluit in uitgawes vir brandstof, onderhoud, huur- en versekeringskoste.
Die ritboeke moet vir ’n tydperk van vyf jaar gehou word.
Die SAID kan versoek dat dit ingedien word om enige eise te bevestig.
Die SAID vereis ook van werkgewers om 80% van die motortoelaag by die werknemer se vergoeding in te sluit om die lopendebetaalstelsel (LBS) te bereken.
Mnr. Ettiene Retief, voorsitter van die Instituut vir Professionele Rekenmeesters (Saipa), sê in wese betaal belastingbetalers dié 80% vooruit.
Aan die einde van die belastingjaar voorsien die SAID ’n terugbetaling.
“Die uiteinde is dat die belastingbetaler vir ’n jaar geld aan die SAID geleen het.”
Hy sê dit is betreurenswaardig omdat die verwerking van terugbetalings ’n reuse- administratiewe taak is wat belastingbetalers kan benadeel as die uitbetalings nie vinnig geskied nie. ) Die ritboek kan gratis van die SAID se webwerf afgelaai word.

No comments:

Post a Comment