Monday, March 22, 2010

Drie gewond na wilde skietery











3 gewond ná wilde skietery




2010-03-21 23:22
Verwante skakels
Student glo deur taxi-bestuurder verkrag
Bejaarde vrou verkrag, vermoor
Vier dwelmhandelaars vas
Johannesburg - Drie mense is gewond tydens 'n skietery tussen die polisie en verdagtes wat glo 'n OTM opblaas het.Die voorval het in Bethal plaasgevind en 'n sekerheidswag, 'n polisiereservis en 'n omstander is gewond, het kapt. Leonard Hlathi gesê.Twee ander polisiemanne het ligte kneusplekke opgedoen.Die bende het glo Saterdag twee FNB-OTM'e opgeblaas en 'n onbekende bedrag geld gebuit."Die polisie het die gebied patrolleer en is aangeval. Die verdagtes was gewapen met R5-gewere, AK47's en pistole," het Hlathi gesê.Ná die skietery het die bende in verskillende rigtings gehardloop.Dit is nie bekend hoeveel rowers daar was nie.Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie het beslag gelê op twee voertuie.Persone met inligting kan supt. Mochitele by 082 3700 861 bel.– Sapa
Lees meer oor: rooftogte misdaad

No comments:

Post a Comment