Friday, March 26, 2010

Virginia - polisieman 15 jaar tronk toe




Virginia-polisieman 15 jaar tronk toe


2010-03-26 01:11
Tom de Wet
VIRGINIA. – ’n Polisie-inspekteur van dié dorp is hier in die streekhof aan verkragting skuldig bevind en effektief 15 jaar tronk toe gestuur.
Insp. Morné Barnard (34), ’n hofordonnans ten tyde van die verkragting in Junie 2008, is ná sy aanvanklike inhegtenisneming geskors, maar het teen sy departementele skuldigbevinding geappelleer en het geslaag.
Hy was vandeesweek nog aan diens by die afdeling misdaadvoorkoming op die dorp, maar is nou ná sy skuldigbevinding in die hof summier ontslaan.
Sy verhoor in die streekhof op die aanklag van verkragting is die week afgehandel en hy is deur streeklanddros Bongani Ludidi tronk toe gestuur.
Sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is deur Ludidi geweier.
Barnard het 15 jaar diens in die polisie gehad.
Sy skuldigbevinding volg op ’n voorval waarin hy die slagoffer die oggend omstreeks 04:00 by die taxi-staanplek op die dorp opgelaai het omdat sy te min geld vir ’n taxi gehad het.
Sy het saam met hom in sy voertuig geklim omrede sy hom geken het omdat hy as hofordonnans by die hofgebou gewerk het.
Hy het gesê hy ry na die polisiekantoor, maar is na sy woonstel waar hy haar met ’n vuurwapen gedreig en haar verkrag het. Daarna het hy haar weer gaan aflaai waar hy haar gekry het.
Die volgende oggend het sy ’n klag by die polisie ingedien.
Adv. Amanda Bester van die kantoor van die direkteur van openbare vervolging het aangekla.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment