Thursday, March 18, 2010

Zuma - gesprek met Afrikaners: Ons wil weet
















Zuma-gesprek met Afrikaners: Ons wil weet
deur Marius Coertze van Pretoria
2010-03-17 22:50
Die Afrikaner-organisasies wat met pres. Zuma gesprek gevoer het, hou daardie gesprek se inhoud geheim.Dit laat heelwat vrae ontstaan. ’n Mens wonder: Waarom mag die Afrikaner nie weet wat daar namens en oor hom bespreek en besluit is nie? Moet hy nou weer in die duister gehou word en maar later weer die bitter spit afbyt, soos destyds met die NP se mislukkings by Kodesa? Wat het geword van deursigtigheid en die reg op inligting?’n Mens wonder ook oor die rede vir die geheimhouding. Dalk is dit weens vrese dat daar groot weerstand en kritiek kan wees teen die toegewings en ondernemings wat moontlik gemaak is.Sulke geheime optrede lyk deesdae verdag in die “oop” demokrasie wat ons veronderstel is om te hê.Afrikaners is met reg skepties en agterdogtig – veral ná die geknoei van die destydse NP-onderhandelaars – wanneer daar namens hulle in die geheim gepraat en onderhandel word. Ons is reeds voorheen op soortgelyke wyse in die rug gesteek en ’n rat voor die oë gedraai. Ons wil dieselfde fout beslis nie weer maak nie. Ons wil weet wat aangaan en basta!
( Beeld )

No comments:

Post a Comment