Wednesday, March 31, 2010

‘Verbod op Skiet die Boere is nie afdwingbaar’
















‘Verbod op Skiet die Boere is nie afdwingbaar’





2010-03-31 06:52
Verwante skakels
ANC gaan hof toe oor 'Skiet die boer'
Boere-moordlied glo verban
OD: Los Boere-moordlied verbod
Daniëlla du Plooy
Johannesburg - Die hofuitspraak wat bepaal die omstrede frase “dubulu ibhunu” (“Skiet die Boere”) is onwettig en ongrondwetlik, is “onafdwingbaar en onuitvoerbaar”, het die ANC Dinsdag gesê.Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het op ’n nuuskonferensie hier aangevoer die hofsaak is “só gereël om ’n sekere uitspraak te kry”.Hy hoop nie daar is ’n poging aan die gang om Julius Malema, ANC-jeugleier, te teiken nie, het hy gesê.“Dít ten spyte van die irritasie wat hy dalk by ons kan veroorsaak.”Waarnemende regter Leon Halgryn het verlede week in die Suid-Gautengse hooggeregshof bevind dit is onwettig en ongrondwetlik om die frase te sê of te publiseer.Willem Harmse, ’n sakeman van Delmas, het aansoek gedoen om ’n interdik om te verhoed dat sy kollega, Mohammed Vawda, die woorde op plakkate gebruik tydens ’n beplande optog teen misdaad.Albei mans behoort aan die organisasie die Kantoor vir die Beskerming van die Grondwet.Mantashe het gesê die ANC vind dit “vreemd” dat die twee mans van dieselfde organisasie is.“Hulle is hof toe met ’n voorafbeplande uitspraak in gedagte en het dit net daar gaan formaliseer.”Volgens hom het Harmse nie die “konteks” van die lied in ag geneem nie. “Boonop is die frase nie net in een struggle-lied nie, maar talle. ’n Mens kan nie dit alles ophou sing nie.”Die ANC gaan teen die uitspraak appelleer. Mantashe het gesê politici moet Malema nie teiken nie.Die regerende party gaan hom daarom tot die gelykheidshof wend in ’n poging om te bewys die VF+ se “Stop Malema”-veldtog en die gepaardgaande “Vervolg Malema”-plakkate is haatspraak.Volgens Mantashe is die ANC ook bekommerd oor die PAC- jeugliga se uitsprake dat Malema in óf ’n hospitaal óf ’n lykshuis gevind sal word.“Nie net is dit haatspraak nie, maar ’n openbare verklaring van die bedoeling om te moor.”- Die Burger
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: haatspraak julius malema

No comments:

Post a Comment