Monday, March 29, 2010

Soustrein stoom voort...Nie eers Noord
















Soustrein stoom voort





2010-03-29 01:22

Rajaa Azzakani
Kaapstad - Ministers se spandabelheid en voorliefde vir luukse motors het nou laer af weerklank gevind met die departement van landelike ontwikkeling en grondsake wat vier Audi Q7’s teen sowat R2,4 miljoen aangeskaf het.Hierdie voertuie is verlede jaar aangeskaf om dieselfde werk te doen as waarvoor bakkies van minder as R150?000 en Ford Fiestas (teen R122?500 elk) voorheen aangeskaf is, blyk uit ’n antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA.Mnr. Gugile Nkwinti, minister van dié departement, het in sy antwoord gesê dié motors is verlede jaar aangeskaf en die doel daarvan is “logistieke steun in die uitvoering van pligte en dienslewering, insluitend (maar nie beperk tot) projekbestuur, beplanning, restitusie, grondhervorming en alle administratiewe en finansiële ondersteuningsdienste”.Dit stoot die regering se vermorste uitgawes, soos deur die DA gemonitor, op tot meer as R1?miljard oor net ’n jaar.Mnr. Mpowele Swathe, DA-woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die R1?miljard kon gebruik gewees het om 1?851 Hop-huise te bou.“Dit is verbluffend hoe die departement dit goed kon vind om vier luukse motors teen bykans R2,4 miljoen aan te skaf terwyl daar goedkoper opsies beskikbaar is,” het Swathe bygevoeg.Dié nuutste vermorsing kom nadat verskeie ministers voorheen onder fel kritiek deurgeloop het oor hul spandabelheid met duur ampsmotors terwyl die land deur ’n erge ekonomiese resessie gegaan het.Genl. Siphiwe Nyanda, minister van kommunikasie, se voertuie – twee BMW 750i-modelle – het belastingbetalers meer as R2,1 miljoen gekos. Daarbenewens is nog R150 000 aan luukse toebehore vir dié motors bestee.Hoewel me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se aankope effens minder was teen altesaam R1,7 miljoen – vir ’n Range Rover Sport en ’n BMW 730D – is ook sý gekap omdat dié voertuie haar basiese behoeftes verreweg oorskry.Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en sekretaris-generaal van die SAKP, het ’n BMW 750i van R1,1 miljoen aangeskaf.Daarenteen het mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, wat staatsdepartemente geruime tyd reeds maan teen onverstandige besteding, sy woord gestand gedoen en net onder R1,15 miljoen aan sy twee voertuie (’n Lexus en ’n Audi A6) bestee.“Die departement van landelike ontwikkeling kan dit nie bekostig om geld te mors op buitensporighede terwyl hy deur ’n betalingsagterstand van meer as R6?miljard vir uitstaande grondeise in die gesig gestaar word nie,” het Swathe bygevoeg.
- Die Burger

No comments:

Post a Comment