Thursday, March 25, 2010

Anc- lede sal top- poste vul- Zuma


ANC-lede sal top-poste vul – Zuma

2010/03/24 02:55:00 PM Troye Lund
Verwante artikels
Hoekom moet ons oor regstellende aksie stry?
Kollig val weer op direksies
Te min gedoen om vroue te bevorder

Hoofberigte
Anglo kyk na Witbank vir eie kragstasieMar 25 2010 08:02
Anglo American het Mott MacDonald, ’n voorste Britse infrastruktuur-maatskappy, aangestel om ’n lewensvatbaarheidstudie vir ’n eie kragsentrale vir Anglo in Mpumalanga te doen.
‘Moenie ANC blameer vir vrot bestuur’Mar 25 2010 08:18
Dis nie die ANC se skuld dat staatsinstellings vrot bestuur word nie. Só het pres. Jacob Zuma Woensdag in die parlement gesê.
Laer inflasie kan tafel dek vir rentekoersverlagingMar 25 2010 08:14
Februarie se positiewe inflasiesyfer, tesame met die sterk rand, plaas opnuut druk op die Reserwebank om rentekoerse vandag te verlaag.

Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma het Woensdag in die parlement belowe ’n oorsig sal van die land se staatsinstellings gedoen word, maar ook bygevoeg die gebruik om ANC-lede by die instellings te ontplooi, sal nie gestaak word nie.
Kritici van die gebruik sê dit het tot probleme by instellings soos Transnet, Eskom en Denel gelei.
Daar is tans ernstige leierskapsprobleme by die staatsinstellings Eskom en Transnet. Albei funksioneer reeds maande sonder ’n permanente uitvoerende hoof.
Zuma het op vrae in die parlement gesê ANC-lede word altyd op meriete ontplooi en daar kan nie teen hulle gediskrimineer word net omdat hulle lede van die ANC is nie.
Zuma het ook gesê die oorsig oor staatsinstellings moet ’n posisie ontwikkel oor hoe die organisasies moet funksioneer en hoe hulle gereguleer moet word.
Daar sal twee prosesse wees wat mekaar sal komplementeer en sal tot ’n enkele verslag gaan lei, het Zuma gesê.
Of die verslag in die parlement gedebatteer gaan word, sal afhang van die inhoud.
Die eerste deel van die oorsig sal ’n interne proses deur ’n tussenministeriële-komitee onder voorsitterskap van me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, en mnr. Pravin Gordhan, die minister van finansies, wees.
Die komitee moet in ’n eerste proses aanbevelings doen oor hoe die regering strategiese doelwitte beter kan integreer met die rol wat staatsinstellings speel. Daar sal ook aanbevelings moet wees oor hoe die land kan seker maak daar is genoeg infrastruktuur en elektrisiteit in die toekoms.
Verder sal ’n deursigtige reguleringsproses opgestel moet word en seker gemaak moet word die instellings het genoeg vaardighede.
Die tweede proses van oorsig sal deur ’n onafhanklike paneel gedoen word.
Die paneel se werkwyse is nog nie gefinaliseer nie, maar hy sal op bestuurskwessies fokus sowel as beplanning en besluitneming. – Fin24.com

No comments:

Post a Comment