Monday, March 22, 2010

Afriforum wen met sy Malema- Pampoen











AfriForum wen met sy Malema-pampoen




2010-03-21 22:19

Merle van Rensburg op ’n reuse-pampoen wat eergister in die son lê en bak het by die Goliat van Gat-pampoenfees by die Pioniersmuseum in Silverton, Pretoria.Foto: Wayne Coetzee
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Jeanne-Marié Versluis
Die paar honderd rand wat AfriForum Jeug by ’n pampoenfees gewen het vir sy “Julius Malema-pampoen”, gaan gebruik word vir sy saak teen die ANC-jeugligaleier in die gelykheidshof.Die Goliat van Gat-pampoenfees het die grootste, mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoene by die Pioniers-museum in Silverton, Pretoria, opgelewer.Mnr. James Kemp, Afri-Forum se omgewingswoordvoerder, het namens Afri-Forum Jeug ’n reuse-pampoen na die fees gevat. Hy het ’n pienk Malema-pop “geïmproviseer” wat dié pampoen met ’n speelgoedpistool oppas.“Ek het dit gedoen in die lig van verlede week se gebeure, soos die bladsye met name van plaasaanvalslagoffers wat hulle (ANC-amptenare) by Luthuli-huis opgeskeur en in die straat gegooi het.” Kemp se pampoen is as die oorspronklikste pampoen aangewys.“Ons gaan nie ophou spot met Malema nie. Hy gedra hom soos ’n pampoen,” het hy gesê.AfriForum Jeug het sowat 200 handtekeninge by die fees ingesamel vir sy Stop Malema-veldtog.Volgens Kemp is daar nou byna 10 000 ondersteuners van dié veldtog op Facebook. “Die veldtog gaan aan. Ons wil die lyste handtekeninge by die gelykheidshof indien.”AfriForum het onlangs ’n haatspraak-klag teen Malema aanhangig gemaak oor ’n lied van hom. Dié klag voor die gelykheidshof is ingedien nadat Malema by ’n studentesaamtrek by die Universiteit van Johannesburg “Skiet die Boere, hulle is verkragters” gesing het.Die Malema-pampoen het eergister ’n ruk op die verhoog gepryk waar ’n paar feesgangers dit met hul kameras afgeneem het.Die grootste pampoen by die fees, ’n bielie van 247 kg van mnr. Drikus Kleynhans van Sasolburg, het egter die meeste aandag getrek.Daar was ’n spottery onder kwekers oor wie se water die skoonste of vuilste is en hoe dit hul pampoene “bygekom” het.Volgens die feesorganiseerders is daar ’n klomp variëteite wat dié reusepampoene oplewer. Dit is ’n duur stokperdjie en word net vir die pret beoefen, nie vir die kommersiële mark nie.“Dis ’n hele proses om hulle te kweek,” sê mnr. Henri Combrink, ’n organiseerder.’n Gewilde variëteit is Dill’s Atlantic Giant, waarvan die saad van Kanada ingevoer word.’n Boomplanter van Brits se wêreld wat nie sy naam wou noem nie het vir die eerste keer sulke pampoene gekweek en twee bielies (96 kg en 77 kg) saamgebring wat by die fees in die son lê en bak het.Hy het agt pitte geplant waarvan ses opgekom het.Mnr. Phillip Rousseau het eergister ’n pampoenpit 8,5 m ver gespoeg; mnr. Koos Minnaar van Cullinan het die mooiste pampoen vertoon; en mnr. Hannes Bezuidenhout het R200 gewen toe sy skatting van ’n 79 kg-pampoen se gewig net 800 g van die kol af was. Die fees is deur die Cullinan-boere-unie aangebied in samewerking met TLU SA, Radio Pretoria en die Pioniersmuseum.

No comments:

Post a Comment